Doen wat jy kan…

Doen wat jy kan… En God sal doen wat jy nie kan nie, niks is vir Hom ontmoontlik nie, niks is vir Hom te moeilik nie.

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” (Matt. 19:26) NIKS is vir God onmoontlik nie. (Luk. 1:37)

Weet jy wat is soms ‘n probleem my liewe vriendin? Soms net vir ‘n moment van asem ophou, van in die midde van die woestyn wees, van raadop, moedeloos, magteloos wees, vergeet ek en jy WIE HY is. Vergeet ons Hy is die God van wonderwerke, van die onmoontlike. Vergeet ons heeltemal van die versie wat skree: Jy is tot alles in staat deur Hom wat jou krag gee. (Filip. 4:13) Continue reading “Doen wat jy kan…”

Ek sal vra, antwoord jy My!

In die begin het Ek die hemel en die aarde geskep. Die aarde was heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, My GEES het oor die waters gesweef. Toe het Ek gesê: “Laat daar LIG wees!” En daar was lig. (Gen. 1:3) Op die sesde dag het Ek die mens geskape, as My verteenwoordiger, na My beeld het Ek jou geskep. (Gen. 1:27) Van die skepping van die wêreld af kan jy mensekind uit My werke duidelik aflei, dat My krag ewigdurend is en dat Ek waarlik God is. (Rom. 1:20)

Voordat die berge gebore is, voordat Ek die wêreld voortgebring het, ja, van ewigheid tot ewigheid is Ek God! (Ps. 90:2) Ek het die hemele met My eie hande gemaak. (Ps. 102:26) Continue reading “Ek sal vra, antwoord jy My!”

In die Naam van Jesus

In die Naam van Jesus… hoekom in Sy Naam? Want daar is krag en outoriteit in Sy Naam. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is… (Filip. 2:9-11)

Wat beteken dit om te glo? Wat moet ek en jy glo? Ons moet glo wat Johannes 3:16 sê, dat Jesus die Verlosser is en dat Hy uit die dood opgestaan het, maar ek en jy moet glo dat dit persoonlik is. Want so lief het God vir my, dat Hy Sy enigste Seun aarde toe gestuur het om namens my aan ‘n kruis te kom sterf… dit is glo… Continue reading “In die Naam van Jesus”