‘n Paar keer hierdie afgelope Desember vakansie het my oë amper uit my kop uitgespring. Nee wag, dat ek net by die begin begin voor ek jou sê hoekom my oë amper uitgeval het…
Jy weet vriendin, as ek en jy na ‘n advertensie kyk dan weet ons mos wat ons gaan kry, waarvoor ons betaal. Dit wat geadverteer word is mos dit was ons dan soek en uiteindelik koop. Ek sal die eerste een wees om te erken ek is ‘n lief vir ‘n uitverkoping. Ek hou daarvan om my man bankrot te spaar soos hy tereg sê… nietemin terug by die oë wat uitpeul. Continue reading “Wat Adeverteer jy?”

Om ‘n tiener ma te wees is ‘n groot voorreg, maar dit is ‘n groter verantwoordelikheid en die grootste uitdaging ooit. En ek praat nie van uitdagende tieners met stink houdings en gevaarlike monde nie, ek praat van die doodnormale tipe. Die tipe wat hier in my huis rondslinger.
Onthou jy toe ons klein was het die oumense goed gesê soos: ‘Kinders word gesien en nie gehoor nie’ en moet tog nie waag om binne sien-afstand te sit nie, dan het jy tande getel. Nee, buitentoe met jou… of jy is kombuis toe gedelegeer om te gaan tee maak.