Om ‘n tiener ma te wees is ‘n groot voorreg, maar dit is ‘n groter verantwoordelikheid en die grootste uitdaging ooit. En ek praat nie van uitdagende tieners met stink houdings en gevaarlike monde nie, ek praat van die doodnormale tipe. Die tipe wat hier in my huis rondslinger.
‘n Mens leer mos maar vaardighede aan soos hulle groot raak en jy groei in jou rol as ma. Dit gebeur nie oornag nie, en dit gaan gepaard met foute, tweede kanse en weer probeer. Van opgee op tieners is daar egter geen sprake nie. Continue reading “Ag Nee Wat! Dis nie só Erg nie!”

Onthou jy toe ons klein was het die oumense goed gesê soos: ‘Kinders word gesien en nie gehoor nie’ en moet tog nie waag om binne sien-afstand te sit nie, dan het jy tande getel. Nee, buitentoe met jou… of jy is kombuis toe gedelegeer om te gaan tee maak.
Toe die girls klein was het dit altyd gelyk of ons vir die naweek weg gaan en eintlik was ons net op pad Pick ’n Pay toe om inkopies te doen. Dis die dae wat uiteet beteken jy sit eintlik alleen en eet terwyl jou beterhelte die baba aan die slaap probeer sus… As ons kerk toe gaan was dit ‘n gedoente, een in die kerk, een in die moederskamer.