
Beywer julle vir vrede met alle mense… (Heb. 12:14)
Om ‘n tiener in die huis te hê is soms soos om in ‘n mynveld stilletjies rond te sluip en te hoop niemand (enige tiener in die omtrek) sien jou raak nie en dat jy nie onwetend ‘n landmyn aftrap nie. Sommige tiener(s) in my huis is nie juis oggend mense nie. En as hulle nog sleg geslaap het, bietjie gestres is, bo op die karaktertrek dan kan dit… kom ons sê interessant raak.
So wyle terug het ons die gevreesde kombinasie van nie-oggend-mens bo-op min slaap. Baie soos ‘n beer met ‘n seer voetjie, maar nie noodwendig die cuddly tipe nie. Ek besef sommer vinnig dis ‘n mynveld… en ek soek nie moeilikheid nie, probeer uit die pad bly en al daai lekker dinge. Continue reading “‘n Mynveld.”

‘n Paar keer hierdie afgelope Desember vakansie het my oë amper uit my kop uitgespring. Nee wag, dat ek net by die begin begin voor ek jou sê hoekom my oë amper uitgeval het…
Om ‘n tiener ma te wees is ‘n groot voorreg, maar dit is ‘n groter verantwoordelikheid en die grootste uitdaging ooit. En ek praat nie van uitdagende tieners met stink houdings en gevaarlike monde nie, ek praat van die doodnormale tipe. Die tipe wat hier in my huis rondslinger.