(Opgedra aan al die ma’s en pa’s met leerlingbestuurders in die huis.)
Ousus het so wyle terug haar leerlinglisensie gekry… sjoe… om kids te leer bestuur is nie vir sissies nie, dit vat senuwees van staal en baie gebed nê… vir geduld en veiligheid.
Die eerste keer wat ek moes uitklim en in die verkeerde kant moes inklim het ek en my persoonlikheid dit byna nie oorleef nie, ek is ‘n bietjie van ‘n beheer-vraat so dit som nou die situasie heel netjies op. Continue reading “‘n Bestuursles.”

Ons gesin was onlangs bietjie na Die Hel, ek is baie bly om te rapporteer dat dit nie die warm plekkie is nie, maar eerder die ene geleë in die Gamkaskloof, deel van die Swartberg bergreeks. Ek hoor dit raak baie warm daar, maar dit was mos nou meer na die einde van die winter se koers, so dit was heel matig in Die Hel, en mooi… dis baie mooi daar. Daar is hope fynbos, maar die paadjie soontoe is lank en nou, jy moet nou asb nie met jou Polo Die Hel gaan soek nie.