Op Pad.

Die afgelope week of wat het elke tweede vers wat ek lees iets te doen met rigting, koers of met ‘n pad… Ek het nou al die versies wat ek oor rigting en koers kon kry gaan opsoek! En sjoe daar is hordes, die gaan ‘n laaang post wees, hoop jy sit gemaklik!

My liewe man, vir wie ek bitter-baie lief is, vra nie vir rigting aanwysings nie. Ek dink dis ‘n alleman ding- ek wil net vandag sê ek is bitter dankbaar vir die engelse tannie op my selfoon wat vir my sê of ek links of regs moet draai. Sonder daai tannie sou ek al menige male diep verdwaal het! Is dit nie ook so bietjie met ons op die lewenspad nie? Het ons nie juis op hierdie belangrike pad aanwysings nodig nie. En as jy soos ek of ousus nie juis rigting vas is nie, kan dit net ‘n gelol afgee.

Ons kan soveel tyd mors op die lewenspaaie, vir maande beur ons voort op die onbekende, te skaam om rigting te vra, te moedeloos, te hardkoppig. Ons bevind ons soms op die pad van dwaasheid, waar ons rondploeter en kosbare tyd vermors. Spreuke 19:3 sê dit so mooi! Sy eie dwaasheid bring ‘n mens op die verkeerde pad en dan is hy kwaad vir die Here. Hoe waar is dit my liewe vriendin? Soms blameer ons vir God vir die verkeerde afdraai pad wat ons self gekies het. Wanneer ons die stem agter ons geïgnoreer het, die stem wat gesê het:

“Hier is die pad, loop hierlangs.” (Jes. 30:21) Continue reading “Op Pad.”

Die Spoor Byster Raak.

Sjoe! Dis moeilik om ‘n nuwe roetine of goeie gewoonte of wat ookal aan te leer. Dit is net merkwaardig maklik om daardie einste goed-aangeleerde gedrag af te leer. Dit is net ‘n dag of drie en jy is weer vasgevang in ‘n groef.

Dit tel ook vir sondes of slegte geestelike gewoontes waarmee jy sukkel en waaroor jy maklik struikel. Ons raak almal so nou en dan die spoor byster, die belangrikste is om dan net weer so spoedig moontlik die spoor te sny en op die regte pad te kom.

Ek het al gesê, een van my groot struikelblokke is my gedagtes, dan moet ek bysê, ek het ook, verkeerdelik, gedink ek het dit eens en vir altyd oorwin, en dat ek die dink-ding lekker onder die knie het. Ek praat spesifiek van die tipe gedagtes wat nie gerig is op die dinge daarbo nie, maar meer die tipe wat fokus aarde se kant toe. (Kol. 3:2) Continue reading “Die Spoor Byster Raak.”

Tee?

Ek al gesê ek hou van tee, ek dink dalk selfs meer as lekker koffie. As ek MOET kies, kies ek tee. Nie tee met allerhande volksvreemde bestandele soos blomme, kruie en speserye nie. Gewone tee. Joko of amper sê ek Rooi Rose. Ek bedoel 5 Rose. Ek drink so nou en dan rooibostee, maar ek verkies swarttee bo rooibostee.

Ons het ‘n oggend roetine wat tee insluit net na die wekker ons met ‘n skril geluid uit die land van vergetelheid terugskok in die hede in. Sjoe! Hande op! Wie haat ‘n wekker?Haat is sekerlik ‘n té sterk woord, hou minder van dan eerder? Nog geen wysie van enige wekker was al vir my aanvaarbaar nie, ek soek nog!

Iedergeval ek strompel die oggend dikoog kombuis toe… dis die eerste probleem as ek strompel beteken dit my beterhelfte is uitstedig en daar is niemand om tee aan te dra bed toe nie. Die tweede probleem is my oge is nie verniet dik en krapperig nie, want slaap het my ontwyk, wegkruipertjie gespeel die hele nag. So ek is effe iesegrimmig en omgekrap. Ek verlang! Gewoonlik help tee darem so klein bietjie… Continue reading “Tee?”