Ek weet die volgende van ‘n woestyn: dis warm, sanderig en ongemaklik. Ek raak sommer dors as ek net aan ‘n woestyn dink, maar dis ook mooi, Namibië met sy eindelose duine, Sossusvlei met sy dooie-boom woud wat getuig van uithouvermoë en genade onbeskryflik groot. Daar is min woorde wat die mooiheid van die niksheid kan beskryf.
Soms, wanneer ons ons oë uitvee bevind ons onsself pens en pootjies in die spreekwoordelike woestyn, of ek en jy bevind ons op die rand van die woestyn, en daar is geen keuse nie, dis deur die woestyn, geen kortpad, ompad nie. Die beste wat ons voor kan hoop is lafenis in ‘n onverwagse oase in die woestyn. Continue reading “In die Woestyn.”

Ek weet nou nie van jou nie, maar my man dra nie bosse blomme aan huis toe nie. Ek het darem al twee keer blomme by hom gekry, met Baba 1 en met Baba 2. (Moenie wag vir die grappie deel nie, ek is ernstig!!) Dit maak hom nie onromanties nie, hy is romanties op ander maniere. Soos tee in die bed in die oggend voor ons albei moet opvlieg en klaar maak vir die dag. Baie drukkies, en onverwagse Whatsapps deur die dag, en woorde wat opbou nooit afbreek nie… en so dan en wan ‘n geskenk so uit die bloute soos die lewerplantjie wat hy in Nieuwoudtville se kwekery gekoop het oppad terug van ‘n vergadering.