
Wees ‘n liefdevolle, betroubare en vergewensgesinde ouer. Dan sal jou kind weet waarvan mense praat wat sê dat God ‘n Vader is wat vir sy kinders omgee. (Anniéria McFarlane)
Sjoe dis ‘n kla-tema by menige koffie drinke en bymekaar komme nê? Die té groot emosies wat tieners ervaar vir sulke partykeer klein lyfies. Hoekom is tieners so emosioneel of eerder oor-emosioneel? Van laag na hoog en al die variasies in die middel.
Vriendin maar het jy geweet ‘n tiener/jong volwassene se brein, die deel wat met emosies werk, is eers volledig ontwikkel teen middel of laat twintigs? Het jy geweet hierdie deeltjie is die einste deeltjie waar die emosie sentrums is? En besluitneming en beplanning, en ek is seker nog ‘n paar goedjies wat ek en jy nie eers van bewus is nie. Continue reading “Weet Beter… doen Beter.”


