‘n Bemiddelaar van Formaat.

Betekenis: Iemand wat partye met mekaar probeer versoen.

Draadsitter, skeidsregter, onderhandelaar, mediator … die eintlike woord wat ek soek is bemiddelaar. Hierdie selfopgelegde takie het my op ‘n stadium op en gedaan gemaak. Miskien is dit die abnormale glo dat ander mense se verhoudings my verantwoordelikheid is! Ek weet nie! Ek weet nie eers waar ek daaraan kom nie… Miskien is dit die feit dat verhoudings vir my kosbaar is en dat ek mos regtig nie van konflik hou nie. Sit net nog nooit lekker in my hart en siel nie…

Die verhoudings wat by verre vir my die belangrikste is (waar ek probeer bemiddelaar speel) is die ene tussen Pa en Dogter. My man en my girls… miskien is dit ‘n ma ding? Dis vir my so ‘n kosbare kommoditeit- as ‘n Pa en dogter(s) ‘n mooi verhouding het. En hier is die ding… hulle het eintlik ‘n verskriklike mooi verhouding… Continue reading “‘n Bemiddelaar van Formaat.”

Liewe Abba,

(Ope brief van ‘n mamma op aarde aan haar hemelse Abba)

2Wees my genadig, o God,
Wees my genadig, want by U skuil Ek;
in die skadu van U vlerke sal ek skuil…

4 Ek roep na God, die Allerhoogste,
na God, wat namens my vergeld.

5 Hy sal uit die hemel hulp stuur
en my verlos.
Hy verwar hom wat my teister.
God sal sy troue liefde
en sy waarheid stuur.

10 Ek wil U dank onder die volke, my Heer,
ek wil U besing onder die nasies;

11want groot, tot aan die hemel,
reik U troue liefde;
tot by die wolke is U waarheid.

12 Verhef U bo die hemele, o God,
U heerlikheid oor die hele aarde.

(Psalms 57, 2020)

Continue reading “Liewe Abba,”

‘n Mynveld.

Beywer julle vir vrede met alle mense… (Heb. 12:14)

Om ‘n tiener in die huis te hê  is soms soos om in ‘n mynveld stilletjies rond te sluip en te hoop niemand (enige tiener in die omtrek) sien jou raak nie en dat jy nie onwetend ‘n landmyn aftrap nie. Sommige tiener(s) in my huis is nie juis oggend mense nie. En as hulle nog sleg geslaap het, bietjie gestres is, bo op die karaktertrek dan kan dit… kom ons sê interessant raak.

So wyle terug het ons die gevreesde kombinasie van nie-oggend-mens bo-op min slaap. Baie soos ‘n beer met ‘n seer voetjie, maar nie noodwendig die cuddly tipe nie. Ek besef sommer vinnig dis ‘n mynveld… en ek soek nie moeilikheid nie, probeer uit die pad bly en al daai lekker dinge. Continue reading “‘n Mynveld.”