Oor Worriers en Warriors.

Ek en Jannie het al ‘n ou-getroude roetine vir oggende. Hy staan 5:30 op en gaan maak tee want ek kan nie sonder tee in my lyf eers begin dink aan beweeg nie! Dan gaan die gesprek gewoonlik soos volg: Hy vra altyd wat ek gedroom het, my drome is altyd baie entertaining… gits ek droom glad in vervolg verhale. Ek vra nooit vir hom wat hy gedroom het nie, want of hy droom nie, of hy kan nie onthou nie. Who knows? Ek vra altyd of hy wakker gelê het deur die nag en so begin ons dag… so al geselsend.

Vanoggend selfde storie, maar sien ek lê al so vir 2 aande so stukkies wakker, bid-tye wakker. Gisteroggend het dit gevoel God skud my so 4:00 bietjie wakker met ‘n dringende-gevoel en ek bid. Ek bid hard vir ‘n vroutjie wat in Bloemfontein op ‘n ventilator veg vir haar lewe wat ek van geen kant af ken nie. Ek bid vir haar man wat ook Covid het wat kortasem is van siek wees en bekommernis en ek bid vir twee tiener dogters wat hulle sekerlik morsdood bekommer oor hulle ouers en ek worry lekker oor hierdie gesinnetjie wat ek van geen kant af ken nie. Continue reading “Oor Worriers en Warriors.”