
Al maak mense hoeveel planne, wat die Here besluit, staan vas. (Spr. 19:21)
Ons gaan die begin van 2023 in met moed en spoed, reg vir die groot verandering en aanpassing van ousus wat uit die huis uit gaan. Dis moeilik dis ongemaklik. Ek kry bietjie meer insig in Salamo se denkwyse as hy verklaar in Spreuke 12:25: Bekommernis druk ‘n mens neer… Maar nie net neer nie vriendin, hy druk jou vas en wurg jou tot daar te min asem oor is en al wat jy hoor is die woeste klop van jou eie hart.
En jy wonder party dae wat het geword van jou geloof? Waar het jy so stukkie-stukkie begin glo verloor. Gelukkig tog is geloof nie ‘n gevoel nie, dis nie gekoppel aan emosies en hoe ek wanneer voel nie! Geloof is wat dit is, ‘n voldonge feit. Jy glo of jy glo nie. Continue reading “‘n Genadejaar.”

Die laaste paar weke van die vorige jaar was vir my besonders rof, baie rowwer as die gewone einde van die jaar dramas en dinge. Ek kan dit nie eers probeer ‘sugar coat’ nie. My lyf het die spanning en ongemak van verandering sonder toestemming gevoel. Dinge wat andersins geen effek moet hê nie dryf my teen die mure uit. Die gesukkel (onnodig) met tegnologie en dinge waarvan ek min tot niks weet nie, het ongekende frustrasies tot gevolg.
Ek en Jannie het al ‘n ou-getroude roetine vir oggende. Hy staan 5:30 op en gaan maak tee want ek kan nie sonder tee in my lyf eers begin dink aan beweeg nie! Dan gaan die gesprek gewoonlik soos volg: Hy vra altyd wat ek gedroom het, my drome is altyd baie entertaining… gits ek droom glad in vervolg verhale. Ek vra nooit vir hom wat hy gedroom het nie, want of hy droom nie, of hy kan nie onthou nie. Who knows? Ek vra altyd of hy wakker gelê het deur die nag en so begin ons dag… so al geselsend.