Angstigheid en Jesus.

Ek is altyd versigtig vir self-diagnoses… so ek ly nie aan angstigheid nie, maar soms, vir ‘n seisoen, of deur ‘n lewensstorm ervaar ons mos almal tog ‘n bietjie angs. Eintlik is dit meer angstige gedagtes waarmee ek en jy sukkel en oor struikel!

When my busy thoughts were out of control, the soothing comfort of your presence calmed me down and overwhelmed me with delight. (Ps. 94:19 TPT)

Ons besige gedagtes lei na ‘n oordinkery, ‘n heen en weer gedinkery. (Dis nou die bobbejane wat agter die berge gehaal word, almal van hulle, die hele familie. Kleintjies, oues, tieners… ALMAL. En natuurlik al die wat asse en sê nou maars…) en ‘overthinking’ lei na… jip jy het reg geraai… angs. Lekker bose kringlopie waarin ek en jy ons selwers bevind en mee besig hou.

As jy oor iets wil dink, oordink… bepeins die volgende… God is in beheer! Jou lewe is in Sy almagtige hande. Hy slaap nie, Hy sluimer nie. Hy ken jou op die naam, selfs die hare op jou kop is getel… met JOU is Hy welbekend! Continue reading “Angstigheid en Jesus.”

Die storie van die Diamant.

Eendag, lank lank gelede was daar diep diep onder die grond ‘n stukkie koolstof, sy was nie gelukkig nie, maar ook nie juis ongelukkig nie… maar sy het altyd gehoop, gedink, gewonder of sy nie meer behoort te wees nie. Sy het met God hieroor gepraat… en ja werklikwaar daar was meer, God het haar belowe, Hy, wat goed is, sal haar nooit begewe of verlaat nie.

Soos die tyd aanbeweeg, baie baie tyd, en die druk van die lewe haar ampertjies onder kry, druk sy deur en sy hou vas aan die soom van Jesus. Omdat sy diep onder die aardkors bly, is dit warm, amper te warm. En sy ‘suffer’ soos die Engelsman sê, en dis warm en die druk hou net eenvoudig nooit op nie, maar tussen die ongemak en pyn, bly sy altyd bewus van Hom wat haar regterhand styf in Syne vashou! Continue reading “Die storie van die Diamant.”

Wie dit mag aangaan…

Ek wou nie sê liewe of liefste Kommerkous nie, dit klink te intiem en bekend, beste, was verseker ook nie die korrekte woordkeuse nie. So dan sal dit maar net moet wees… Kommerkous.

Met hierdie skrywe wil ek jou graag in kennis stel dat jou invloed met onmiddellike effek opgeskort word. Jou dienste word eenvoudig nie meer benodig nie. Ek is die baas van my, nie jy nie. So, dit is dan ‘n vaarwel, ek wil sê dit was lekker, want dis die ordentlike ding om te sê, maar ek is verby die punt van ordentlik wees met jou, ek is wel klaar met jou. Nie vir eens nie, sommer vir altyd. Continue reading “Wie dit mag aangaan…”