Wie dit mag aangaan…

Ek wou nie sê liewe of liefste Kommerkous nie, dit klink te intiem en bekend, beste, was verseker ook nie die korrekte woordkeuse nie. So dan sal dit maar net moet wees… Kommerkous.

Met hierdie skrywe wil ek jou graag in kennis stel dat jou invloed met onmiddellike effek opgeskort word. Jou dienste word eenvoudig nie meer benodig nie. Ek is die baas van my, nie jy nie. So, dit is dan ‘n vaarwel, ek wil sê dit was lekker, want dis die ordentlike ding om te sê, maar ek is verby die punt van ordentlik wees met jou, ek is wel klaar met jou. Nie vir eens nie, sommer vir altyd. Continue reading “Wie dit mag aangaan…”

My Skild…

Ek raak vir een hele week elke oggend met die lied Valor (Christy Nockels) in my hart wakker, en ek weet die Here wil vir my iets sê, iets vir my oopbreek. Valor: Great courage in the face of danger, especially in battle. Met die mooiste sinonieme: Bravery, courage, fearlessness. En die woorde van die lied raak my diep… Continue reading “My Skild…”

Weeg net Minder!

Ek staan die ander oggend voor die spieël en bekyk myself op en af en van die kant na daai kant, en ek dink by myself… lyk amper of ek bietjie gewig verloor het! En jy weet vriendin, dis hoe kragtig jou brein is en wat jy glo! Ek glo ek het gewig verloor, ek voel eintlik heel goed. Ek sleep toe die stowwerige skaal onder uit die hangkas uit… ai ek moes eerder net geglo het wat my oë gesien het. (Of altans gedink het hulle sien)

Ek klim op die skaal, die skaal kreun en steun en fluister benoud: “Klim eerder af!” Ai jai jai! En daar is die offisieël, ek het een van my eie rekords gebreek, na die verkeerde kant toe. Ek kyk beskuldigend na Menopause se kant toe, want sien iemand moet skuld kry! Dit het niks met my verkeerde eetpatrone van die afgelope paar maande te doen nie. Menopause tel net skouers op… en net daar whatsapp ek my Weigh Less tannie: “Ek sien tannie Vrydag!” Continue reading “Weeg net Minder!”