Ek sal sien.

Het jou kids al ietsie gevra en jou antwoord was: Ek sal sien? My ma het ook graag so gesê, dit het my altyd erg gefrustreer, en tereg soos my girls altyd sê dis eintlik maar ‘n nee met ‘n baie skraal kans dat dit moontlik in ‘n ja kan verander. Dis ook natuurlik een van die frases wat ek myself belowe het ek nooit ooit met my kids sal gebruik nie… wel nooit ooit is ‘n baie lang tyd.

Het jy al vir God iets gevra, ietsie wat jy gedink het redelik onselfsugtig was en in jou enigheid het jy boonop gedink dit is tot voordeel van die Koninkryk? Beywer julle allereers vir die koninkryk van God en vir die wil van God, dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee. (Matt. 6:33) Continue reading “Ek sal sien.”

Wanneer jou tenkie dolleeg is.

‘n Motor kan net vorentoe beweeg in die rigting wat jy wil wanneer daar brandstof in die motor se tenk is. Dis ook nodig om gereeld brandstof in te gooi anders gaan hierdie betroubare, selfs nuwe motor van jou net eenvoudig nie sy werk kan doen nie… en gaan staan. ‘n Eenmalige vol tenk hou nie verewig nie, dit hou net vir so lank as wat dit hou. As jou motor sonder brandstof gaan staan, dan weet jy wat die probleem is, jy bel manlief en hy kom met sy geel Diesel kan en ta-da, probleem opgelos. Krisis vermy! Dis nie rocket science nie,  dit is algemene kennis.

Interessant genoeg, as dit by ons eie tenkies kom is ons soms ‘clueless’. Ons hardloop op spreekwoordelike dolleeg en verwag dat ons superma, supervrou, noem maar op, moet wees. Ons raak vies vir onsself as ons nie genoeg het om nog uit te deel ook nie. Continue reading “Wanneer jou tenkie dolleeg is.”

God van die Leeus.

Dankie Kleinsus vir die mooie skets.

(Die storie agter die storie: Ek het die storie van Daniël begin skryf omdat ek regtig met ‘n dringendheid gevoel het ek moet oor die spesifieke storie skryf. Die oomblik toe ek die stukkie klaar geskryf het, voor die eerste ‘edit’ en ‘spell check’ het ek dit vir ‘n spesifieke vroutjie gestuur, sy laat weet terug: Jy sal nie glo nie! Ek is op die oomblik in daai Leeukuil en ek is besig om die boek Daniël te lees en vanaand lees ek die stukkie van Daniël in die Leeukuil… dis die tipe God wat ek en jy dien!)

Daniël was maar 15 jaar oud toe die Assiriese mag Jerusalem binne geval en vernietig het. Wat ‘n traumatiese gebeurtenis in ‘n tiener se lewe? Die Israeliete is bymekaar gebondel en weggevoer Babilon toe. Daniël en die res van die volk moes 1448km aflê na Babilon. ‘n Trippie wat jou 4 maande te voet sal vat. Nie sommer net agter die eerste bult nie. Continue reading “God van die Leeus.”