‘n Perd van ‘n ander kleur.

Voor mens trou het mense mos opinies, ‘goed bedoelde’ waarskuwings en die mees ontoepaslikste raad, een van die wat ek na 22 jaar steeds onthou is: Trou is nie perde koop nie. Ek het dit nie toe geglo nie, ek glo dit beslis ook nie nou nie. As jy die maat trou wat vir jou bestem is, die maat wat jou hart verstaan, dan is dit ‘n leeftyd van vreugde en soms ‘n klein sakkie sout…

Kinders kry… nou daai is ‘n perd van ‘n ander kleur. Sover, en ek leer elke dag nog, het die girls my geleer om nederig te wees. Net soos jy dink jy het die ma-ding onder die knie, dan verander ‘n tween na ‘n teen of ‘n bom bars op die onverwagse, mees ongeleëste tyd. Continue reading “‘n Perd van ‘n ander kleur.”

Oor Groot SONDES en Klein Sondetjies.

Kan ek maar die uitdrukking: Geraamtes in jou kas gebruik? As jy geen sonde het waaroor jy skaam is nie, waarmee jy sukkel, waaroor jy struikel nie, dan hoef jy nie verder te lees nie. As jou geraamte kas dolleeg is, is jy so naby aan perfek soos kan kom… en as jy gelukkig net van die ‘Klein Sondetjie Afdeling’ sondetjies het, dan is jy okay! Nee ek grap net, daar bestaan nie so persoon nie, en nog minder kan jy sondes in kategorieë in deel van groot na klein, bitter erg na gangbaar. Sonde is sonde. Punt. Einde van die storie.

Ek en jy moet baie versigtig wees om nie ons sondetjies met ander mense se SONDES te vergelyk en met ons neusies in die lig, hoogmoedig te dink: Ek het darem nog nie op so groot skaal drooggemaak nie! Luister: Ons almal is sondaars. Nie een van ons leef tot God se eer nie. (Rom. 3:23) Continue reading “Oor Groot SONDES en Klein Sondetjies.”

Wat is ‘n Ma?

(Opgedra aan my regte egte Ma en my ander Ma)

‘n Ma is gemaak van staal, liefde, uithouvermoë en ragfyn kant. Haar vel is lekker dik, sy steur haar min aan tiener buie en geite. Sy weet ook baie goed, tieners sê selde wat hulle bedoel en bedoel selde wat hulle sê. In haar diepste wese is sy aanmekaar gesit met ‘n tikkie wysheid, oorvloed geduld en ‘n goeie handvol genade. Moet nooit vergeet nie: ‘n Ma was ook eendag op ‘n reëndag ‘n tiener, en as sy baie mooi en baie ver terug dink kan sy onthou van ‘n onsekere dogtertjie wat in ‘n jongmeisie lyf vasgevang was.

‘n Mamma hart is groot, daar is altyd plek vir nog enetjie, dis groot genoeg om ‘n ander mamma se kinders ook lief te hê! Weet maar net dieselfde mamma het ‘n hart van ‘n leeuwyfie, sy sal haar kinders ten alle koste beskerm en veilig hou. Sy bid al vandat hulle bitter klein is vir haar eendag se skoondogters en skoonseuns. ‘n Biddende ma bid vir haar eie kinders, maar ook vir die kinders van die wêreld. Continue reading “Wat is ‘n Ma?”