
(Die storie agter die storie: Ek het die storie van Daniël begin skryf omdat ek regtig met ‘n dringendheid gevoel het ek moet oor die spesifieke storie skryf. Die oomblik toe ek die stukkie klaar geskryf het, voor die eerste ‘edit’ en ‘spell check’ het ek dit vir ‘n spesifieke vroutjie gestuur, sy laat weet terug: Jy sal nie glo nie! Ek is op die oomblik in daai Leeukuil en ek is besig om die boek Daniël te lees en vanaand lees ek die stukkie van Daniël in die Leeukuil… dis die tipe God wat ek en jy dien!)
Daniël was maar 15 jaar oud toe die Assiriese mag Jerusalem binne geval en vernietig het. Wat ‘n traumatiese gebeurtenis in ‘n tiener se lewe? Die Israeliete is bymekaar gebondel en weggevoer Babilon toe. Daniël en die res van die volk moes 1448km aflê na Babilon. ‘n Trippie wat jou 4 maande te voet sal vat. Nie sommer net agter die eerste bult nie. Continue reading “God van die Leeus.”

Ek weet nou nie van jou nie, maar my man dra nie bosse blomme aan huis toe nie. Ek het darem al twee keer blomme by hom gekry, met Baba 1 en met Baba 2. (Moenie wag vir die grappie deel nie, ek is ernstig!!) Dit maak hom nie onromanties nie, hy is romanties op ander maniere. Soos tee in die bed in die oggend voor ons albei moet opvlieg en klaar maak vir die dag. Baie drukkies, en onverwagse Whatsapps deur die dag, en woorde wat opbou nooit afbreek nie… en so dan en wan ‘n geskenk so uit die bloute soos die lewerplantjie wat hy in Nieuwoudtville se kwekery gekoop het oppad terug van ‘n vergadering.
In my twintigs was die geraas en die oorlog in my kop iets verskrikliks, dit was ‘n gespartel van epidermiese proporsies soos Oubaas altyd gesê het. Ek erken ek het eenvoudig nie die vermoë om aan NIKS te dink nie… dit is letterlik onmoontlik. My liewe man, en ek vermoed dis ‘n alle -man ding, kan wraggies aan niks dink… ek is so jaloers dat ek nie ‘n niks-boksie het nie.