Die Wit Hart.

Soos ouder gewoonte word die Kersboom opgeslaan. Mooi opgemaak, maar met net een klein probleempie. Ons het skoon vergeet dat Kleinsus die silwer engeltjie verlede jaar op sy kop laat val het. Ons 3 girls hou toe span vergadering en besluit ons sal die engeltjie vervang met ‘n silwer ster.

Terwyl Ousus ballet, ry ek en Kleinsus van winkel na winkel… Geen ster in sig nie. Ek is mos ‘n boer-maak-‘n-plan tipe meisie, so met die intrapslag by die huis loop ek deur die huis op soek na iets wat die Bethlehem ster, of die engel kan vervang. Ek kom toe op ‘n wit gebreide hart af en besluit net daar en dan, vir hierdie jaar sal die wit hart maar moet deug. My man glo daar is baie min dinge wat jy nie kan fix met ‘cable ties’, Q20 en ‘ductape’ nie. So word die wit hart sommer onseremonieël met ‘n ‘cable tie’ vasgemaak. Continue reading “Die Wit Hart.”

My Hart se Storie.

(Opgedra aan elke mamma-hart wat die pyn ken van ‘n baba verloor)

You’ve kept track of all my wandering and my weeping. You’ve stored my many tears in your bottle-not one will be lost. For they are all recorded in your book of remembrance. (Ps. 56:8 The Passion Translation) Is dit nie mooi nie? Het hartseer en verlies jou al van agter bekruip en omsingel, geweier om jou te laat gaan, jou as’t ware in jou eie lyf gyselaar gehou? Hoeveel van jou trane van verlies, hartseer en gebrokenheid het God al namens jou opgevang? Sien elkeen het so storie van hartseer en verlies om te vertel… ‘n hartsstorie.

In die donkerste van tye wanneer hartseer jou enigste metgesel is en jou hart net klop omdat hy moet en nie omdat jy noodwendig wil nie… dis die tye wanneer God jou saggies nadertrek, die trane van jou wang afvee (Openb. 21:4) en jou in Sy sterk arms optel en jou naby Sy hart dra. (Jes. 40:11) Wanneer jy bewus is van ‘n liefdevolle Vader wat teenwoordig is, wat jy bewus raak van die Heilige Gees wat jou hand vat en die hartseer pad saam met jou stap. Continue reading “My Hart se Storie.”

Die Rondomtalie.

Dit was nie die stukkie wat ek vandag wou ‘gepost’ het nie, maar God het dit op my hart gedruk om te skryf oor self vergifnis. Om jouself volkome te vergewe. Miskien praat ek vandag nie spesifiek met jou nie, en dis goed so, maar miskien is hierdie boodskap spesiaal vir jou: van God se hart na jou hart.

Wanneer dit by vergifnis kom is daar drie belangrike goed vir my hart om vrede te hê, vir my liggaam, siel en gees om in harmonie te wees: Ek is vergewe, Ek vergewe die wat my te na gekom het, maar bowenal, ek vergewe myself! Wanneer dit by self-vergifnis kom is die toffie nogals taai om te kou. Dis groter as ‘n Wilson toffie wat jou tandstopsel uittrek, dis eintlik meer soos ‘n Nicker ball wat jou tand summier in twee breek. Continue reading “Die Rondomtalie.”