Toe die girls klein was het dit altyd gelyk of ons vir die naweek weg gaan en eintlik was ons net op pad Pick ’n Pay toe om inkopies te doen. Dis die dae wat uiteet beteken jy sit eintlik alleen en eet terwyl jou beterhelte die baba aan die slaap probeer sus… As ons kerk toe gaan was dit ‘n gedoente, een in die kerk, een in die moederskamer.
Jannie het altyd gespot en gesê ek moet die een vat met die skerp kant. Dis nou die een wat moontlik kon huil, vuil doek ens kon hê! Kortliks, die een wat jou in die skande kon steek. Die dae van koue koffie, slaap beurte, koue weense worsies vir etes, bottels was, kots wat na perske yoghurt ruik van die vloere af mop, siek kindertjies wat beurte maak. Eintlik was jy meeste dae op ‘autopilot’ en het jy oormoeg in die aand in die bed ingeval… net om 5 minute later weer op te vlie vir een of ander skree of skeet. Continue reading “‘n Stowwerige Toontjie en ‘n Streep.”

Ek kry partykeer so lag by my selwers as ek in Pick ‘n Pay instap… (ja ek is ‘n Pick ‘n Pay meisie, ‘n gewoontedier soos min, en ek gaan glad nie met enige iemand argumenteer oor Woolworths of Checkers nie- elke diertjie het mos maar sy giertjie) Ek kry lag want ek herken die mammas wat by die huis bly van ‘n afstand af. Die Tuisteskeppers, Uitvoerende Huislike Beamptes noem hulle wat jy wil net asb nie huisvrou nie want dit klink dan kompleet asof ons heeldag voor die TV sit en niks doen nie.
Daar is ‘n versie wat sê jy moenie jou kinders moedeloos maak nie, ek dink die versie is seker vir my geskryf of dan ten minste vir my bedoel. En vaders, (en defnitief ek ook) moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie. (Ef. 6:4)