God is ALLES.
Alles het deur Hom tot stand gekom: ja, nie ‘n enkele ding wat bestaan het, het sonder Hom tot stand gekom nie. (Joh. 1:3) Ja, wat U bepaal het, staan vandag nog vas, alles is aan U onderworpe. (Ps. 119:91). Inteendeel, dit is U wat aan almal lewe en asem en alles gee. (Hand. 17:25)
Ek het die Here aangeroep en Hy het my geantwoord, Hy het my gered uit alle doodsgevare. (Ps. 34:5) Nou weet ek dat U tot alles in staat is en dat U kan uitvoer wat U besluit het. (Job 42:2)
Ons weet ook dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens Sy besluit geroep is. (Rom. 8:28) Meer as dit, in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet. (Rom. 8:37) Continue reading “God is ALLES vir ALTYD.”


