
Ezer Kanegdo is ‘n Hebreeuse woord. Dit beteken om te red/en om sterk te wees. Ezer beteken ook om ‘n Vegter te wees, ‘n Helper. Dit beteken om ‘n Lewensredder te wees. Die frase word ook gebruik om God te beskryf, wanneer jy absoluut desperaat is vir Hom om jou te red. Kanegdo beteken die teenoorgestelde van…
Die mens is geskape vir verhouding, om saam te wees, om lief te hê. God het die man en vrou geskape, na Sy beeld, op dieselfde manier, maar tog verskillend. Met verskillende chromosome, met verskillende hormone, met verskillende drome, met verskillende funksies. Nie minder nie, gelyk, maar anders.
God het vir Eva geskape, God het vir my en jou geskape vriendin, as ons manne se Ezer Kanegdo. God het besluit en gesê: “Dit is nie goed dat die mens (Adam) alleen is nie. Ek sal vir hom ‘n helper maak, as sy gelyke.” (Gen. 2:18)


