Mamma, ‘k wil ‘n Man hê.

Watter man my liewe kind? Ag liewe sussie, vandag skryf ek baie spesiaal vir jou wat alleen voel, al raak jy groot in ‘n liefdevolle, ondersteunende huis. Wat die gemis voel na ‘n spesiale maat wat jou hart sal verstaan. Wat sy arms om jou sal sit en net sê: Alles gaan okay wees. Die ene wat jou sal laat veilig voel, die ene wat jy voel: He gets me!

Jy soek hierdie spesiale maat wat God baie spesifiek vir jou uitgesoek het, en ek weet, soms raak die wag lank, en jy vra vir God, maar dit voel so bietjie of Hy van jou vergeet het. Jy is half ongeduldig in jou afwagting na jou eie persoonlike prins op sy wit perd…

I am patiently waiting for the man that gave me his rib (my jongste het hierdie oulike aanhaling met my gedeel, sy kon net nie onthou waar sy dit gesien het nie) maar ek wil byvoeg, en sodat jy dit kan hoor, daar iewers is ‘n outjie wat ook sug en verlang en sê: I am patiently searching for my missing rib. Continue reading “Mamma, ‘k wil ‘n Man hê.”

‘n Goeie Pa!

God is the archetypal Father; all other fatherhood is a more or less imperfect copy of His perfect fatherhood.
(FF Bruce, Scottish Bible Scholar and writer)

Sien jy die woorde ‘imperfect’, God verwag nie perfeksie van aardse Vaders nie, Hy verwag wel dat Pa’s hulle onperfektheid na Hom sal bring… sodat Hy met liefde en wysheid vir hulle die voorbeeld kan wees.

Ek het bietjie ‘n paar statistieke gaan naslaan: https://nickcady.org/2016/06/20/the-impact-on-kids-of-dads-faith-and-church-attendance/ jy kan hier die artikel gaan lees, maar hier is die mooi deel, die belangrike deel: wanneer ‘n kind in ‘n huisgesin bekeer en ‘n christen word, sal 3.5% in die gesin sy/haar voorbeeld volg. Wanneer die ma tot bekering kom sal 17% haar volg en ook die christelike geloof aanhang, MAAR wanneer ‘n Pa die eerste bekeerling in die gesin is sal 93% van die gesin hom volg. Continue reading “‘n Goeie Pa!”

Die storie van die Diamant.

Eendag, lank lank gelede was daar diep diep onder die grond ‘n stukkie koolstof, sy was nie gelukkig nie, maar ook nie juis ongelukkig nie… maar sy het altyd gehoop, gedink, gewonder of sy nie meer behoort te wees nie. Sy het met God hieroor gepraat… en ja werklikwaar daar was meer, God het haar belowe, Hy, wat goed is, sal haar nooit begewe of verlaat nie.

Soos die tyd aanbeweeg, baie baie tyd, en die druk van die lewe haar ampertjies onder kry, druk sy deur en sy hou vas aan die soom van Jesus. Omdat sy diep onder die aardkors bly, is dit warm, amper te warm. En sy ‘suffer’ soos die Engelsman sê, en dis warm en die druk hou net eenvoudig nooit op nie, maar tussen die ongemak en pyn, bly sy altyd bewus van Hom wat haar regterhand styf in Syne vashou! Continue reading “Die storie van die Diamant.”