
Al sou die vyeboom nie bot nie, en daar geen druiwe aan die wingerde wees nie, al sou die olyfoes misluk, en die lande geen oes lewer nie, al sou daar geen kleinvee in die kampe meer wees nie en die beeskrale sonder beeste wees NOGTANS sal ek in die HERE jubel, sal ek juig in God my Redder. Die HERE, my God, gee vir my krag. Hy maak my voete soos dié van ‘n ribbok, op hoë plekk laat Hy my veilig loop. (Hab. 3:17-10)
Wat beteken ‘n nogtans geloof? Dit beteken ek kies volharding, geloof ten spyte van swaarkry, twyfel of teenspoed. Nogtans- ‘n keuse wat gemaak moet word. ‘n Onwankelbare vertroue in die God van Abraham, Isak en Jakob, selfs as die sigbare uitkoms nie daar is nie, wanneer jy vasgevang voel in ‘n situasie, wanneer jy opgeskeep is met eensaamheid. Met hopeloosheid en moedeloosheid as jou enigste metgeselle, wanneer selfs die liggie aan die einde van jou pikdonker tonnel moed opgegee het en aanbeweeg het.


