Stokke en Klippe.

Hier is ‘n lekker eksperiment vir jou wat jou ure, miskien dae kan besig hou! Vat ‘n buisie tandepaste (enige maak sal werk) en druk dit uit. Soos in die hele buisie. Nou vir die interessante deel, probeer nou om die tandepaste terug te kry… Wat bedoel jy, jy kan nie? Sien woorde wat ons uiter is baie so. Die woorde wat jy sê kan nie net teruggevat word nie. Dit kan nie ongedaan, ongesê word nie.

Ek het nog altyd gewonder oor die Engelse spreekwoord: “Sticks and Stones may break my bones, but words can never hurt me.” Ek het tot die slotsom gekom: die persoon wat dit gesê het was seergemaak, afgekraak deur onnodige woorde met skerp kante wat diep tot in die siel sny. Ek het op hierdie anonieme sê-ding afgekom wat soveel meer akkuraat is: “The tongue has no bones but is strong enough to break a heart.” Continue reading “Stokke en Klippe.”

‘n Nuwe jy.

As ek moet vra op watter diëte jy al was gaan party van ons se lysies langer wees as ons ‘bucket list’. Ek was ‘n paar jaar gelede op ‘n Rut konferensie en vir huiswerk moes ons ‘n collage maak. Op my collage was ‘n foto’tjie van “‘n Nuwe Jy.” Ek was so opgewonde, kinderlik opgewonde, daar is so ewe ‘n appel en ‘n maatband by… hier dink ek toe God gaan my help gewig verloor… Ek dink God het lekker vir my gelag. Sy ‘Nuwe jy’ het toe effe anders gelyk as wat ek gedink het.

Ek wil nie lig maak van die onderwerp nie, want ‘the struggle is real’… maar ek wil tog vertel van my reis met ‘n Nuwe jy. Continue reading “‘n Nuwe jy.”

Veilig in die Arms van Liewe Jesus.

Opgedra aan die wat moet agter bly.

My ouma is verlede jaar in Junie oorlede. Dit was nie ‘n groot skok nie, eerder ‘n verligting. Ouma was moeg, oud, op en gedaan. Dit was ‘n goeie tyd om huistoe te gaan. Op 94 het sy genoeg hartseer en swaarkry vir ‘n leeftyd gehad, maar ook genoeg vreugde en vrede.

My ouma Martha het my so baie dinge geleer, een van dit was hoe om in afhanklikheid van jou Maker te leef… en sy het met voorbeeld gelei. Sy het elke môre en elke aand vir haar 2 dogters, 8 kleinkinders en 17 agterkleinkinders by die naam gebid. Ek onthou toe ons klein was, was daar altyd ‘n wêreldkaart in haar kamer vol vlaggies… sy het letterlik vir die hele wêreld gebid. Continue reading “Veilig in die Arms van Liewe Jesus.”