Laat ek jou voorstel: Dit is Jesus. Hy is regverdig en Hy is nederig. (Sag. 9:9) Hy is nie soos ek of jy nie, nee Hy is Die Een wat my oorlaai met Sy genade en met geloof en liefde. Hy is verdraagsaam teenoor my. (1Tim. 1:14,16) Hy tree ook nie op soos ek of jy nie. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn nie en nie oordeel volgens hoorsê nie. (Jes. 11:3) Hierdie Jesus is geduldig met my en jou. (2 Pet. 3:9)
Vir baie is Hy Liewe Jesus, en Hy is dit ook, maar vir my is Hy Die Leeu uit die stam van Juda. (Openb. 5:5) Die Lam van God wat die sonde van die wêreld weggevat het. (John. 1:29) Continue reading “Gooi die deur van jou hart wyd oop.”

Die laaste paar weke van 2020 was maar effe woes hier in die Meüter huishouding. Daar was min tyd vir batterye herlaai, ons moes maar net kop afhou, vasklou en deurdruk met al die leerdery, buitemuurs en al daai lekker goedjies wat so eie is aan daai tyd van die jaar. Besprinkel ‘n bietjie ekstra Covid stres by en ta-da. Almal sien maar bietjie leepoog en moeg daarna uit.