‘n Wonderwerk in die tru-spieëltjie.

Ek glo aan wonderwerke! Grotes, kleintjies, onsigbare en sigbare wonderwerke. Soms mis ons die GROOT wonderwerke in ons lewens, die lewensveranderde beantwoording van gebede. Ons mis die grotes reg onder ons neuse, want ons is so besig met die lewe dat ons ophou kyk vir die wonderwerke.

Ek was 18 jaar oud, op Universiteit, stoksiel alleen, depressief en huissiek. Ek het na my ma verlang en wou net huistoe gaan. In my dagboek inskrywing vir 23/05/1996 skryf ek die volgende:  Dis seker simpel, maar Jesus ek wil só graag iemand hê wat omgee vir my ten spyte van my reguit-geit. (My ouma het hoeka altyd gesê ek moet ophou om ‘n graaf ‘n graaf te noem!) Jesus, sal U asseblief iemand stuur wat nie rook of drink nie? Here ek vra nie vir ‘n foutlose ou nie, net iemand wat U ook ken.

Continue reading “‘n Wonderwerk in die tru-spieëltjie.”

Stilte…

Toe Jesus dit hoor, het Hy met ‘n skuit daarvandaan weggegaan na ‘n stil plek om alleen te wees. (Matt. 14:13)

“Wees stil en weet Ek is God!” (Ps. 46:10 NLV)

Ek weet nie van jou nie, maar soms is dit vir my ‘n onbegonne taak om stil te word. Dis asof my brein net eenvoudig nie wil saamwerk nie, ‘n volstrekte weiering om aan niks te dink nie. As jong getroudes het ek eenmaal vir my splinternuwe man gevra: “Waaraan dink jy?” Sy antwoord? NIKS. Hoe op aarde is dit moontlik om nie elke oomblik van elke dag aan iets te dink nie? Continue reading “Stilte…”