Hier waar ek sit en skryf is my neus en my vingers yskoud, die wind waai en die son… nowhere to be find.
Die afgelope tyd het die Kaap van Storms sy naam gestand gedoen. Die son het geskitter in sy afwesigheid, na 7 dae het ek son-ontrekking begin kry. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek hou baie van die reën, en die donderweer, en ‘n warm kaggel en ‘n beker stomende koffie. En ‘n reënboog, en die reuk van reën deurweekte aarde. (Net my wasgoed is nie so mal oor al die reën nie, dit gee soms ‘n gesukkel af.) Wie het nou ooit kon dink dat ‘n groot bal vuur so groot impak kan hê op ons emosies en op die lewe self? Continue reading “Waar’s die Son?”