Ek weet die volgende van ‘n woestyn: dis warm, sanderig en ongemaklik. Ek raak sommer dors as ek net aan ‘n woestyn dink, maar dis ook mooi, Namibië met sy eindelose duine, Sossusvlei met sy dooie-boom woud wat getuig van uithouvermoë en genade onbeskryflik groot. Daar is min woorde wat die mooiheid van die niksheid kan beskryf.
Soms, wanneer ons ons oë uitvee bevind ons onsself pens en pootjies in die spreekwoordelike woestyn, of ek en jy bevind ons op die rand van die woestyn, en daar is geen keuse nie, dis deur die woestyn, geen kortpad, ompad nie. Die beste wat ons voor kan hoop is lafenis in ‘n onverwagse oase in die woestyn. Continue reading “In die Woestyn.”

As daar een ding is wat nie te sleg is van ouerskap nie is dit die feit dat jy die reëls kan opmaak, bysit, wegvat, verbuig soos jy gaan. Is dit nie lekker nie? Arme ousus, alle reëls word mos op die oudstes en eerstes uitgetoets en vervolmaak. Wanneer al die ander kids volg het jy al helfte van jou baie reëls skoon vergeet! Nietemin vir my is die belangrikste reëls die ons reëls, reëls wat niks te doene het met moets en moenies nie. Wat jy mag doen of nie doen en wanneer en waar nie!
Weet julle wat doen ek vanoggend? Ek kook vleis van die Gemsbok bene af om pasteie te maak, harde werk. Maar weet jy wat is die lekker deeltjie? Die stoompot vat 2 ure om 4 pakkies vleis af te kook so ek sit ‘n spulletjie vleis in, en dan sit en skryf ek so tussen in (met my voorskootjie aan- tog te ge- domesticated) met die stoompot wat sy eie eentonige deuntjie op die stoof sing.