Die Wonder van Kersfees.

Ek en jy het die Kersverhaal al so baie gehoor. Ons weet van die sensus, en Bethlehem, en die krip, die Herders en die Wyse manne. Soms, en vergewe my maar dis seker maar ‘n vrou ding, wonder ek oor die mense se emosies, want dis nie asof Matteus of Lukas vertel hoe bang Maria was om ‘n kindjie in die wêreld te bring of dat die Herders hulself in ‘n ander bloedgroep ingeskrik het toe hulle die Engel sien nie. Ek het die Kersverhaal weer gaan lees. Ek het die pêrels in die verhaal gaan soek. As’t ware tussen die Kersverhaal lyne gaan lees.

Weet jy dat Maria ‘n tiener was toe sy swanger geraak het met Jesus? So ietsie tussen 15-17 jaar oud? Nie abnormaal vir daardie tyd nie. Ek dink Maria was bang, al het die Engel gesê: “Moenie bang wees nie (Matt. 1:30)” Maria het geweet wat gebeur met meisies wat buite die eg swanger raak. Dit was nie net ‘n skande nie, dit was ‘n doodsvonnis. Maar ten spyte van die bang en benoud, antwoord Maria: “Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.” (Matt. 1:38) Nie maklike woorde as jy weet daar wag dalk ‘n hopie klippe vir jou om die volgende draai nie! Dis geloof, wanneer jy die Vaderhart vir jou so goed ken dat die vrees krimp in vergelyking. Continue reading “Die Wonder van Kersfees.”

Krummeltjie Geloof.

Mens lees soms ‘n verhaaltjie so oor en oor dat jy later skoon glad nie meer weet presies wat jy lees nie. Een so verhaaltjie is die een van die Kanaänitiese vrou in Matteus 15 wat by Jesus pleit om haar dogter gesond te maak. Onlangs lees ek weer die verhaaltjie en dit gryp my aan die hart. Miskien omdat ek ‘n ma van dogters is en ‘n stukkie van hierdie mamma se paniek kan aanvoel.

Hierdie Kanaänitiese vrou is ‘n heiden en boonop onrein. Sy het geen besigheid om met enige Joodse man te praat nie, wat nog te sê met Jesus, om die waarheid te sê dis sommer eintlik gewaagd. Moeilikheid soek. Continue reading “Krummeltjie Geloof.”

Die Appel van Sy Oog.

As iemand vinnig vir jou moet vra: wie is jou gunsteling kind? Gits moet nou net nie hardop uitskree as jou kids naby is nie. Hier is beslis ‘n regte en ‘n verkeerde antwoord. Ek hoop die antwoord is dat jy ewe lief is vir al 2 tot 5 kindertjies wat God aan jou toevertrou het. Onomwonde wil ek vanoggend vir jou sê: Jy my liewe vriendin in Jesus is die appel van God se oog. Wie ek, vra jy? Ja jy! En as dit nie vir jou so voel nie, voel ‘n bietjie oor. Want dit is nie ek wat so sê nie, maar God self.

Wat is jy anders my liewe vriendin as sy eie kind. (1 Joh. 3:1) God het nie gunstelinge nie, en daarom as ek sê jy is die appel van Sy oog dan kan jy my met die grootste liefde maar net glo. Hy beskerm jou soos die appel van Sy oog, Hy steek jou weg in die skaduwee van Sy vleuels. (Ps. 17:8) Continue reading “Die Appel van Sy Oog.”