
Liewe vriendin, ek moet bieg, die afgelope week of twee was effe rof, ek kan nie presies sê wat dit so erg gemaak het nie, wat ek wel kan sê is dat ek in hierdie tyd bietjie vergeet het wie ek is. Die reine waarheid is dat ek ‘n hele paar oggende vergeet het om my kroon op te sit voor ek by die deur uitgestorm het, die oggende wat ek dit wel onthou het was my kroon onseremonieel, windskeef op my kop opgedruk. Dis so goed jy hardloop poedel-nakend kaal by die deur uit, anders, maar baie dieselfde, veral in die geestelike realm.
Hoe gebeur dit dat mens ewe skielik vergeet wie jy is? Jy luister na die leuens van die Vyand, dis wat, nog erger, jy begin selfs glo wat hy alles oor jou en van jou te sê het. Ai! Continue reading “‘n Windskeef Kroon vir die Dogter van die Koning.”


Ons gesin was onlangs bietjie na Die Hel, ek is baie bly om te rapporteer dat dit nie die warm plekkie is nie, maar eerder die ene geleë in die Gamkaskloof, deel van die Swartberg bergreeks. Ek hoor dit raak baie warm daar, maar dit was mos nou meer na die einde van die winter se koers, so dit was heel matig in Die Hel, en mooi… dis baie mooi daar. Daar is hope fynbos, maar die paadjie soontoe is lank en nou, jy moet nou asb nie met jou Polo Die Hel gaan soek nie.