Ek hou van foto’s neem. Wat ek nie van hou is om ‘n foto met ‘n selfoon te neem… ek is ook nie baie goed met die selfoon foto nemery nie. So neem ek die ander oggend vir manlief ‘n selfie- werk verpligtinge het hom na ‘n ander provinsie gevat- darem nie ‘n vreemde land nie.
Ek neem die selfie dat hy nou darem nie moet vergeet hoe ek lyk nie- dis nou na 24 uur. Ek is nie mal oor veral selfies nie, want behalwe dat ek selde enige iets anders as af lyk, is ‘n selfie bietjie… wel selfgesentreerd…
Ieder geval ek stuur die foto’tjie- hy vertel my hoe mooi ek vir hom is, en hoe baie hy my laaik en dat hy my mis, jy weet mos al daai mooi dingetjies. Al wat ek kan dink is dat ek defnitief-beslis ‘n plooi en ‘n half bygekry het op my voorkop en my neus raak al langer. Nee jy mag nie lag nie vriendin, dis ‘n feit mens se ore en neus hou nooit op groei nie, of jy jok of nie. Continue reading “Selfies en Selfpersepsie”

Die Franse sê: Que Sera, Sera. Die Engelse sê: What will be, will be. Ons boere volkie sê: Gods water oor Gods akker. My tieners sê: Whateva. Dis ‘n skouer ophaal houding van verontskuldiging.
Opgedra aan my oudste dogter op wie ek so verskriklik trots is!