Elke belofte aan jou liefste kind, bevestig Ek met ‘n eed aan Myself. Ek doen My woord aan jou gestand. (Heb. 6:13,18) Soos Ek belowe het, het Ek aan jou die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk. (2 Pet. 1:4) My woorde sal bewaarheid word. (2 Sam. 7:28) Continue reading “99 Reënboog-beloftes.”
Meetsnoere.
‘n Tannie stuur die anderdag vir my die mooiste woorde: ‘Die meetsnoere het vir jou in lieflike plekke geval.’ Ek lees dit vir manlief en sê-vra of dit nou nie die mooiste ietsie is wat hy al gehoor het nie? Ek weet nou nie presies wat dit beteken nie, maar dis darem net so mooi.
Nou loop en wonder ek waar staan dit en wie het dit geskryf. My nuuskierigheid kry die oorhand en ek gaan vra vir Mnr Google, wat naas my alles weet! En wraggies daar kry ek dit in die Groot Boek. Dawid het dit geskryf in Psalm 16:6 (1953) Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi. Continue reading “Meetsnoere.”
Halfies en Half Vies.
My man moes bietjie Duitsland toe gaan vir werk. Vir ‘n hele 6 slapies… dis te lank vir my… so tussen die pak en regkry en laaaang afskeid neem sê ek, ek voel so halfies as jy weg is. Hy vra: “Hoekom is jy half vies?” ‘n Vassit kan darem lekker maklik gebeur as mens nie oop kommunikasie kanale het nie…Nietemin, net ‘n observasie… so terug na die halfies…
So asof die helfte van my nou kan oorsee rondrits terwyl die ander helfte van my geduldig by die huis bly… waar die ander helfte van my hart is weet ek nie, maar as hy weg is ek eintlik maar net halfies. Ek dink dis goed, want is ons nie een nie? En as hy halfpad om die aarde is, is ek mos net halfies.
Weet jy wat was die volgende gedagte… my hart is eintlik in hemelse plekke heel en vol, want ek het Hom altyd by my, naby My hart, in my hart. Want sonder Hom sou ek vergaan sou ek in sirkels rondloop en lekker verdwaal. God is my sterkte en my porsie vir ewig… Continue reading “Halfies en Half Vies.”
