Ek wou hierdie stukkie al verlede week post, maar God het gesê: “Ek wil jou eers ietsie wys.” Vriendin, en dit wat Hy my gewys het was die klein dogtertjie met die wit rokkie in my, maar met ‘n heel hart. Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. (Mal. 4:2) Sy Woorde, Sy liefde het die Dogtertjie met die wit rokkie volkome genees. Vriendin, ek wil jou regtig net vandag kom bemoedig… hou uit, hou aan om genesing vir die kind in jou te soek… tot jy dit vind by die voete van Abba.
Iewers in ons elkeen se grootmens wese leef ‘n kind. My en jou kinderhart staan nie apart van ons grootmenshart nie. Dis een verweefde hart. Wat eintlik sommer net beteken, die dinge wat ons as kids nie lekker verwerk het nie, die dingetjies waarmee ons gestruggle het, dra ons rond as ‘n stukkie verwondheid as deel van ons grootmens hart. Dis nou dieselfde grootmenshart wat veronderstel is om al die wysheid in pag te hê, al die antwoorde te hê op die moeilike struikelblokke van die lewe. Continue reading “Die Dogtertjie met die Wit Rokkie.”

Soos die Ingelsman sê: “Bear with me!” Toe ek die woorde hoor: “Jy is nie waardig nie!” het ek myself eers asvaal geskrik en toe my ore gespits, dalk moet jy dit ook vanoggend hoor. God moes ‘n skoon bladsy voor my neus kom inskuif, want sien Hy moes dit vir my van vooraf kom verduidelik het… na al die jare se hoor en weer hoor, kan ek dit nou vir die eerste keer op my hart skryf en dit boonop glo.
(Opgedra aan al die ma’s en pa’s met leerlingbestuurders in die huis.)