Die afgelope twee of wat dae kom die Fillipense 4:13 versie die heeltyd by my op. Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Dis interessant hoe ‘n versie so kan vassteek in ‘n mens se kop en hart. So al asof jy iewers die versie in die nabye toekoms kan nodig kry. Vanoggend stap ek in die eetkamer in reg om die gordyne oop te maak. Ek wil net sê dis eintlik manlief se werk, die gordyn oop trekkery, maar nou is dit so donker soggens dat ek nie wil hê hy moet die gordyne ooptrek nie, want dit voel mos asof mense vir jou kan loer (dis nou loer oor ‘n ses voet muur).
Nietemin, toe ek so opkyk sit daar ‘n liederlooslike lelike, yslike groot reënspinnekop net so bo die gordyn. Ai, ai, ai… en weet jy waste versie kom by my op… jip jy het reg geraai, die tot alles in staat versie. Kyk, niemand kan sê ons Pa in die hemel het nie ‘n wonderlike sin vir humor nie! So loer ek vir die spinnekop en hy loer vir my. Pappa is nie by die huis nie, en nou raak dit ‘n mamma probleem. Continue reading “Die Spinnekop.”

Eerstens wil ek net sê ek het ‘n probleem. My brein is geneig om my met tye te pootjie en my hart het die gewoonte om my te bedrieg. Sjoe vriendin, kan ek net sê, hierdie blog het my amper ondergekry. Dit was ‘n gesukkel soos min. Ek het later my hande moedeloos opgegooi en gesê: “Here, help tog ‘n bietjie, ek laaik nie van so sukkel nie!” Ek het ‘n een woord antwoord gekry: Inhoudsopgawe. So vriendin, die blog het ‘n: Inhoudsopgawe.
Onthou jy toe ons klein was het die oumense goed gesê soos: ‘Kinders word gesien en nie gehoor nie’ en moet tog nie waag om binne sien-afstand te sit nie, dan het jy tande getel. Nee, buitentoe met jou… of jy is kombuis toe gedelegeer om te gaan tee maak.