10 Lesse om ‘n Kleuter in Een Stuk Groot te kry.

 

As ons regtig eerlik is met mekaar, as daar nou een spesie is wat jou nederig hou met jou voete stewig geplant op moeder aarde dan is dit beslis ‘n kleuter. Net soos jy dink jy het die ma-ding nou lekker onder die knie, net soos jy op kom vir asem, dan het hulle ‘n splinternuwe toertjie in die mou…vertrou gerus ‘n kleuter om jou op jou tone te hou. Veral binne die Spar, ek weet nie wat is dit met ‘n Spar nie!

My kinders het so baie van mekaar verskil. Wat vir ousus gewerk het, het glad nie vir kleinsus gewerk nie. Verskillende boompies en temperamente maak dat ‘n ‘een grootte pas almal’ benadering hoegenaamd nie werk nie, maar daar is tog ‘n paar goedjies wat ononderhandelbaar is as jy jou kleuter in een stuk wil groot kry. Continue reading “10 Lesse om ‘n Kleuter in Een Stuk Groot te kry.”

Bly in My!

Ons moet partykeer bietjie introspeksie doen, so klein opname maak. Ons moet bietjie vra en ondersoek: Hoe lyk my hart? Wat gaan aan in my gedagtes? Die gedagtes in my en jou kop en die woorde wat uit onse monde kom wys eintlik maar die toestand van ons hart en gees. Of hoe? Hoe meer jy in Hom leef en bly hoe mooier lyk jou hart en gesonder is die toestand van jou siel en gees. Hoe mooier is die vrug wat jy dra.

Soms is die intensies van wat ek en jy sê en doen goed en dit lyk mooi vir almal om te sien, maar die uiteinde van ons goeie bedoelings is maar net oordeel en veroordeling teenoor alles en almal rondom ons. Ai, dis ‘n mens ding, ons is almal skuldig. Daar is ‘n spreuk wat sê: The road to hell is paved with good intentions. Ondeurdinkte ‘goeie bedoelings’ wat voordelig is vir wie? Continue reading “Bly in My!”

Wat Adeverteer jy?

‘n Paar keer hierdie afgelope Desember vakansie het my oë amper uit my kop uitgespring. Nee wag, dat ek net by die begin begin voor ek jou sê hoekom my oë amper uitgeval het…

Jy weet vriendin, as ek en jy na ‘n advertensie kyk dan weet ons mos wat ons gaan kry, waarvoor ons betaal. Dit wat geadverteer word is mos dit was ons dan soek en uiteindelik koop. Ek sal die eerste een wees om te erken ek is ‘n lief vir ‘n uitverkoping. Ek hou daarvan om my man bankrot te spaar soos hy tereg sê… nietemin terug by die oë wat uitpeul. Continue reading “Wat Adeverteer jy?”