Die Hart van ‘n Vrou.

She is a woman of strength and mighty valor! (Prov. 31:10)

Liewe Vriendin, ek weet nie aan wie of wat jou waarde gekoppel is nie, maar hoe meer ek praat met vrouens en jongmeisies, hoe meer besef ek, ons koppel ons waarde aan die wêreld en wanneer die wêreld kantel dan kantel ons waardigheid, selfbeeld en selfliefde.

Ek wil jou vandag herinner aan hierdie kosbare versies in Lukas 12:6-7: “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.” Continue reading “Die Hart van ‘n Vrou.”

Net by Jesus…

By wie vind jy vertroosting as jy sielsongelukkig en verstote voel deur hierdie wêreld en die mense wat die aarde bewoon en bewandel? Is dit nie net by Jesus nie? Is Sy juk nie sag en Sy las lig nie? (Mat. 11:28-30) Hy is naby wanneer jou hart gebroke daarna uitsien, net by Jesus sal jy rus vind vir jou siel, Hy sal jou red wanneer jy verslae van gees is. (Ps. 34:18)

Net by Jesus vind jy volkome vrede… nie die kitsvrede van die wêreld wat so vinnig gaan soos dit gearriveer het nie. Vlietend van aard. Sy vrede is ewigdurend, en wanneer Sy vrede deel word van jou DNA, voor jy jou kom kry het jy vrede te midde van storms. Is jou optrede vol vrede. Is jou woorde gevul met vrede. Te midde van dorings en dissels op die lewenspad. Jesus se vrede is ‘n innerlike vrede, maar dis nie ‘n verniet vrede nie, dis ‘n vrede wat spruit uit ‘n intiem-persoonlike verhouding met Hom. Jesus se vrede bring kalmte, troos ons wanneer ons troosteloos is en versterk ons ten spyte van elke dag se uitdagings, en die onsekerheid van die lewe. Continue reading “Net by Jesus…”

Hoor haar Hart.

 

Ek moes lag, onlangs sit ek buite en skryf op die stoep agter ‘n yl, maar welkome wintersonnetjie aan… manlief loop verby op pad ketel toe, ek vra: “Wat is ‘n mooi opskrif vir ‘n mooi verhouding tussen ‘n ouer en ‘n tiener. Hy trek net sy skouers op… ek weet ook nie, maar hey, ek en jy kan en moet aanhou probeer om die harte  van ons tienerkinders te bereik. Tou opgooi is absoluut nie ‘n opsie nie.

Jou tiener soek nie jou probleemoplossings vaardighede nie, dis eintlik maar goed bedoelde raad, uit jou hart uit, wat op dowe ore val. Vir hulle klink dit dieselfde as beterweterigheid. Continue reading “Hoor haar Hart.”