1 Korintiërs 13 is by verre een van my gunsteling gedeeltes in die Bybel. Dit voel amper vir my of Paulus die karakter van Jesus beskryf van vers 4-7. Vir my is Liefde die deurlopende tema van die Bybel met Johannes 3:16 wat uitspring as die uiteindelike verklaring van liefde, God se liefde vir ‘n verlore en sondige wêreld. Die offer van liefde, die offer van Sy geliefde en enigste Seun.
Wanneer ek aan God se liefde vir my dink dan lyk dit so ietsie:
L~ Lieflik
I ~ Indrukwekkend
E~ Ewigdurend
F~ Fel
D~ Diep en deursigtig.
E~ Eerste liefde. (1 Joh. 4:19) Continue reading “Die Onontbeerlike Liefde.”


Die laaste paar weke van die vorige jaar was vir my besonders rof, baie rowwer as die gewone einde van die jaar dramas en dinge. Ek kan dit nie eers probeer ‘sugar coat’ nie. My lyf het die spanning en ongemak van verandering sonder toestemming gevoel. Dinge wat andersins geen effek moet hê nie dryf my teen die mure uit. Die gesukkel (onnodig) met tegnologie en dinge waarvan ek min tot niks weet nie, het ongekende frustrasies tot gevolg.