Wie dit mag aangaan…

Ek wou nie sê liewe of liefste Kommerkous nie, dit klink te intiem en bekend, beste, was verseker ook nie die korrekte woordkeuse nie. So dan sal dit maar net moet wees… Kommerkous.

Met hierdie skrywe wil ek jou graag in kennis stel dat jou invloed met onmiddellike effek opgeskort word. Jou dienste word eenvoudig nie meer benodig nie. Ek is die baas van my, nie jy nie. So, dit is dan ‘n vaarwel, ek wil sê dit was lekker, want dis die ordentlike ding om te sê, maar ek is verby die punt van ordentlik wees met jou, ek is wel klaar met jou. Nie vir eens nie, sommer vir altyd. Continue reading “Wie dit mag aangaan…”

My Skild…

Ek raak vir een hele week elke oggend met die lied Valor (Christy Nockels) in my hart wakker, en ek weet die Here wil vir my iets sê, iets vir my oopbreek. Valor: Great courage in the face of danger, especially in battle. Met die mooiste sinonieme: Bravery, courage, fearlessness. En die woorde van die lied raak my diep… Continue reading “My Skild…”

In die Naam van Jesus

In die Naam van Jesus… hoekom in Sy Naam? Want daar is krag en outoriteit in Sy Naam. Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is… (Filip. 2:9-11)

Wat beteken dit om te glo? Wat moet ek en jy glo? Ons moet glo wat Johannes 3:16 sê, dat Jesus die Verlosser is en dat Hy uit die dood opgestaan het, maar ek en jy moet glo dat dit persoonlik is. Want so lief het God vir my, dat Hy Sy enigste Seun aarde toe gestuur het om namens my aan ‘n kruis te kom sterf… dit is glo… Continue reading “In die Naam van Jesus”