Wat is dan die Wil van God?

Vir my is dit ‘n moeilike konsep, met baie vrae, en bietjie minder antwoorde. Tog wil ek (en ek het ‘n sterk vermoede jy ook) so bitter graag in die wil van God lewe. Dit is op die ou end wat ons wil! Wil ons die plan wat Hy vir ons lewens het raak leef en uitleef.

Die afgelope week lees ek die volgende raak oor die Wil van God.

God wants more: He lays claim not to half the will, but the whole. He demands not only external acts which cannot be controlled or checked. He demands man’s heart. He wants not only good fruits, but the good tree: not only action, but being; not something, but myself-and myself wholly and entirely. (Hans Küng) Continue reading “Wat is dan die Wil van God?”

Om geken te word deur HOM!

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Ek het jou gevorm, Ek het jou gemaak. Jy is vir My kosbaar en Ek het jou lief. (Jes. 43:1,4,7) My liefde vir jou is onverganklik. (Ps. 103:17) Ek ken jou, Ek sien dwarsdeur jou. Ek ken jou gedagtes nog voor hulle by jou opkom. Ek het jou mensekind op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. (Ps. 139:1-2,14) Ja liewe kind, jy is as beeld van My geskape. (Gen. 1:27)

Liewe kind, Ek het jou voor jou geboorte al geroep; toe jy nog in jou moeder se liggaam was het Ek jou op jou naam genoem. (Jes. 49:1) Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, nie van geweet nie…geken. Voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer. 1:5) Ek ken jou op jou naam, Ek is jou goedgesind. (Eks. 33:17) Ek ken jou wat aan My behoort. (2 Tim. 2:19) Continue reading “Om geken te word deur HOM!”

Genade is Grys.

 

Toe ek jonger was, was ek beslis ‘n swart en wit mens… ek was eintlik nog baie swart en wit tot seker so paar jaar terug… Ek sou maklik met iemand argumenteer as my standpunt verskil het, ek sou ook maklik argumenteer oor God en sommer die Bybel ook (So asof ek nou so wafferse Bybelkenner was of is) Wat het verander? Ek dink ek het tot die skokkende besef gekom dat elkeen ‘n storie in sy hart ronddra wat ek absoluut niks van af weet nie… en ek het ook agtergekom dat ons almal kort genade van God, verseker, maar defnitief ook van mekaar.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek glo nogsteeds alles presies soos dit in die Bybel staan, want dis God se Woord. Reg is reg, verkeerd is verkeerd, maar die kleur van genade is nie wit of swart nie, maar grys. Ek en jy, as sondige mense, kort genade ten spyte van al ons sondes en die dinge wat ons daagliks verkeerd doen. Continue reading “Genade is Grys.”