Hoe Lyk My Lewe?

Aan hulle vrugte sal julle hulle uitken… ‘n Goeie boom kan nie slegte vrugte dra nie, en ‘n slegte boom kan nie goeie vrugte dra nie. (Matt. 7:16, 18)

Ek moet bieg, soms gebruik ek Chat GPT as woordeboek, of as ek ‘n stukkie wil vertaal, of as ek nuuskierig is oor ‘n onderwerp. En dis als goed en wel, want ons moet sekerlik byhou by tegnologie en die vinnige verandering van die lewe, MAAR- en is daar nie altyd ‘n maar nie? Ek en jy moet baie versigtig wees wanneer ons die opinie van AI inwin wat geestelike sake aanbetref, ons kan en moet verseker nie alles soos soetkoek opeet nie! Hoekom nie? Want ChatGPT het nie die Heilige Gees van God nie. Continue reading “Hoe Lyk My Lewe?”

Jy in jou Klein Hoekie…

En ek in myn. Dit is die enigste reëltjie wat vir dae in my kop gekuier het, al wat ek kon onthou, was dat dit ‘n kinderkrans liedjie was van vervloë se dae. Ek onthou baie goed, kinderkrans was op ‘n Vrydagmiddag half drie en die koster-tannie het ons met ‘n bussie kom haal…My man het net sy kop geskud toe ek die liedjie probeer sing, dis ‘n Oos Kaap ding sê hy.

Uiteindelik kan ek dit toe nie meer hou nie! En ek vind die liedjie… jy moet net lank genoeg soek

Laat ons skyn vir Jesus
Met ‘n helder glans
Skitter soos die sterre aan die Hemeltrans
In die donker wêreld,
Skyn dan, skyn-
Jy in jou klein hoekie
En ek is myn.
Continue reading “Jy in jou Klein Hoekie…”