Wanneer die Spaghetti op die vloer val.

Aan die begin van die inperking lyk die dinge  in ons huishouding  anders as gewoonlik. Ons moet leer om spasies te deel, spasie te gee waar nodig, spasies af te staan wat eens aan jou behoort het. ‘n Hele nuwe ervaring met Tuisskool en Kantoor by die huis vir Jannie. Ons leer om meer verdraagsaam te wees, sonder enige hulp huis skoon te maak en tuinwerk self te doen. Ons eet te veel, toets te veel resepte, maar ons maak die ding werk…

Ons moes ook so bietjie huis reëls verander, huiswerk bietjie deel, maar die girls vat die verandering soos champs en elke outjie doen sy deeltjie. Soms onder protes en met teëstribbeling, maar meeste van die tyd wen ek en dinge gebeur darem so min of meer soos dit moet. Continue reading “Wanneer die Spaghetti op die vloer val.”