Onthou jy toe ons klein was het die oumense goed gesê soos: ‘Kinders word gesien en nie gehoor nie’ en moet tog nie waag om binne sien-afstand te sit nie, dan het jy tande getel. Nee, buitentoe met jou… of jy is kombuis toe gedelegeer om te gaan tee maak.
Die oumense was slim, hulle het goed geweet, die goed wat grootmense soms bespreek is nie vir kinder ore bedoel nie. Toe kom ons in die verligte era, en inligting is met ‘n druk van ‘n knoppie beskikbaar. Verligte era met verligte ouerskaps idees. Ons het die wysheid en insig van die ouer generasie gaan wegbêre en gedink dis ‘n goeie idee om vir ons nog baie kind-kinders al die inligting beskikbaar te stel wat hulle hartjies begeer. Nou tel hulle tande en word gesien en beslis gehoor ook. Continue reading “Grootmensdinge.”

Toe die girls klein was het dit altyd gelyk of ons vir die naweek weg gaan en eintlik was ons net op pad Pick ’n Pay toe om inkopies te doen. Dis die dae wat uiteet beteken jy sit eintlik alleen en eet terwyl jou beterhelte die baba aan die slaap probeer sus… As ons kerk toe gaan was dit ‘n gedoente, een in die kerk, een in die moederskamer.
Die ander dag, ook al ‘n rukkie terug, ry ons as gesin iewers heen. Ek kan nie onthou waaroor die gesprek gegaan het nie, maar Ousus sê hier van agter af baie driftig eintlik, sy kan nie wag om uit die huis uit te gaan nie. Dit gaan so lekker wees. Die probleem is met ‘n ma se hart ons luister, hoor en interpreteer absoluut met ons harte. Dis al wat ons hoor, en ek vererg myself so klein bietjie, ek is nie ‘n ou wat vinnig op my perdjie spring nie, maar ek voel so bietjie te na gekom.