Oor Jou Eie Potjie Krap.

Die ander dag, ook al ‘n rukkie terug, ry ons as gesin iewers heen. Ek kan nie onthou waaroor die gesprek gegaan het nie, maar Ousus sê hier van agter af baie driftig eintlik, sy kan nie wag om uit die huis uit te gaan nie. Dit gaan so lekker wees. Die probleem is met ‘n ma se hart ons luister, hoor en interpreteer absoluut met ons harte. Dis al wat ons hoor, en ek vererg myself so klein bietjie, ek is nie ‘n ou wat vinnig op my perdjie spring nie, maar ek voel so bietjie te na gekom.

Gelukkig is daar mos balans in enige situasie, Pappa is gewoonlik die balans want hy is die een wat analities dink, meer met sy brein en minder met sy emosies. So sê hy, ons is bitter bly dat jy uitsien om jou eie ding te doen, om jou eie pot te krap. Dit het my so bietjie laat dink, want is dit nie die waarheid nie, maak ons hulle nie juis groot om onafhanklik te funksioneer, om op hul eie voete te kan staan nie? Verantwoordelike jong volwassenes wat hul eie keuses kan maak? Continue reading “Oor Jou Eie Potjie Krap.”

Ons Reëls.

As daar een ding is wat nie te sleg is van ouerskap nie is dit die feit dat jy die reëls kan opmaak, bysit, wegvat, verbuig soos jy gaan. Is dit nie lekker nie? Arme ousus, alle reëls word mos op die oudstes en eerstes uitgetoets en vervolmaak. Wanneer al die ander kids volg het jy al helfte van jou baie reëls skoon vergeet! Nietemin vir my is die belangrikste reëls die ons reëls, reëls wat niks te doene het met moets en moenies nie. Wat jy mag doen of nie doen en wanneer en waar nie!

Dis die nie-geskrewe reëls, dis die harts-reëls!

Ons huis is meer  as net die fisiese adres, ons huis is die mense wat in die huis bly of dit hier of in die Noordpool is.  In  hierdie mense-huis, tussen ons is jy veilig, is jou gevoelens en menswees veilig. Hier tussen jou hartsmense kan jy jou batterye vollaai en net jouself wees. ‘n ‘You do you and I’ll do me’, motto. Continue reading “Ons Reëls.”

‘n Perd van ‘n ander kleur.

Voor mens trou het mense mos opinies, ‘goed bedoelde’ waarskuwings en die mees ontoepaslikste raad, een van die wat ek na 22 jaar steeds onthou is: Trou is nie perde koop nie. Ek het dit nie toe geglo nie, ek glo dit beslis ook nie nou nie. As jy die maat trou wat vir jou bestem is, die maat wat jou hart verstaan, dan is dit ‘n leeftyd van vreugde en soms ‘n klein sakkie sout…

Kinders kry… nou daai is ‘n perd van ‘n ander kleur. Sover, en ek leer elke dag nog, het die girls my geleer om nederig te wees. Net soos jy dink jy het die ma-ding onder die knie, dan verander ‘n tween na ‘n teen of ‘n bom bars op die onverwagse, mees ongeleëste tyd. Continue reading “‘n Perd van ‘n ander kleur.”