Dis Sondagaand, ons kies ‘n fliek, sommer aksie, want dit is darem min of meer iets waarvan almal hou. Ek, wederhelfte en kleinsus. So halfpad deur die fliek vlieg manlief op met die verskoning dat hy gou sy ma gaan bel. Okay sê ek, stuur liefde en groete…
Hier in die ¾ van die fliek spring kleinsus op, te midde van ‘n reuse skietgeveg, verklaar sy, klaar gekyk, gaan nou stort en hare was… okay sê ek, geniet dit!
Nou kyk ek ‘n opwindende fliek stoksielalleen… Hier op die heel einde, amper voor die krediete rol, kom manlief die vertrek in en vra: Wat kyk jy? Uhm, dieselfde fliek wat ons saam begin kyk het? En Kleinsus? Sy was moeg gekyk. En ek besef net, dis regtig soms moeilik om te baklei teen jou genetiese samestelling, jy erf wat jy erf van jou ouers, en daarmee moet jy werk… Continue reading “Rapporte, Punte, Gene en al daai lekker dinge…”


‘n Paar keer hierdie afgelope Desember vakansie het my oë amper uit my kop uitgespring. Nee wag, dat ek net by die begin begin voor ek jou sê hoekom my oë amper uitgeval het…