MAAK NIE SAAK WAT NIE!

Jy weet wanneer mens jonk is, hier aan die einde van jou Hoërskool loopbaan dan roep die lewe, die moontlikhede lê oop voor jou. Jy sien so uit na hierdie nuwe fase van amper onafhanklik wording, van jou eie ding doen. Sjoe! Dit kan mos net lekker wees! En ook in dieselfde asem ‘n bietjie oorweldigend. Jy het vrek hard gewerk vir jou mooi punte en om in jou Universiteit van keuse in te kom. En hier iewers in jou agterkop is daar Hollywood flieks oor Uni, wat vassteek… wat al hierdie voorafopgestelde idees net verder versterk. Dit gaan ‘n fees wees!

Skielik bevind jy jou in hierdie volksvreemde wêreld, weg van die huis, ver van jou veiligheidsnet, en nou is en lyk die prentjie nie meer so rooskleurig nie. Jy twyfel bietjie in jouself, jy twyfel ewe skielik in hierdie rigting wat jy gekies het, en nou is jy nie meer so seker nie… alles normaal en deel van grootword.

Wanneer jou kinders begin klaarmaak met skool is daar ‘n paar eerstehandse lessies wat geleer moet word. Maak nie saak hoe jy jou bloedjies probeer voorberei nie, dis maar ‘n skok vir die sisteem en dit vat tyd en harde werk om aan te pas in die nuwigheid van onafhanklikheid en die vreemde nuwe wêreld van student wees. Die aanpassing is ook nie net vir die student, nee o krisis, dit vat aan ‘n ma se hart. Jy begin leef met die besef dat hierdie kosbaarheid wat jou kind is, buite jou bereik is, jy kan en moet bid. Dis al. Bly op jou knieë. MAAK NIE SAAK WAT NIE, want dis nou hulle tyd om te leer om op hulle eie voetjies te staan. Continue reading “MAAK NIE SAAK WAT NIE!”

Gelukkege Welentaams dag!

Is dit nie dierbaar nie? Kleinsus was 8 jaar oud toe sy vir my ‘n kaartjie gemaak het van haar Pappa af wat gesê het:

Liewe Martha
Gelukkege Welentaams dag.
Van: Jannie

En natuurlik het hy ook ‘n kaartjie gekry. Hoekom? Want ek en manlief is nie die grootste aanhangers van hierdie liefdes-dag nie. Dit voel soos ‘n uitgebuitery en oor-gekommersialiseerde besigheid… ons is darem aanhangers van die liefde self! Elk geval het jy al probeer uiteet op hierdie spesifieke dag? Ag nee wat, liefde, geduld en vrede vlieg by die venster uit die oomblik wat jy die rye voor die deure sien staan. Nee, wat vriendin. Kom ons vier elke dag die liefde net sommer om vir mekaar lief te wees, om te gee vir jou medemens en altyd te onthou dat GOD liefde is. Continue reading “Gelukkege Welentaams dag!”

Vat Nog ‘n Happie van my Jesus, Liefie.

Net nadat ek die opskriffie getik het, toe ‘crinch’ ek so bietjie binne toe, want sjoe dit voel amper disrespekvol teenoor HOM vir wie ek so liefhet, maar in my hart van harte weet ek hier is mammas en vrouens wat dit moet hoor, so optimisties-versigtig gaan ek, met liefde en deernis, hierdie boodskappie probeer oordra! Hoor my hart, nie die woorde nie!

Baie jare gelede met die verhuis van Bloemfontein na Roodepoort was ousus kort-kort siek. Ons het gedink dit kan die lug wees wat vuiler is, sy het nagte om gehoes. Een van die medisynes wat die Pediater lief was om te gee was kortisoon, nou kyk om ‘n een en ‘n half jarige te máák medisyne drink sit nou ook nie in elke ene se broek nie. Continue reading “Vat Nog ‘n Happie van my Jesus, Liefie.”