Die lewe is soos ‘n wedloop, intens, put mens soms totaal en al uit. As daar een belofte in die Woord is waaraan ek en jy moet vasklou met alle mag en krag is dit: Ek is by julle al die dae tot die voleinding van die wêreld. (Matt. 28:20) Wat beteken dit vir my? Beteken dit God staan op die kantlyn van my lewenspad en skree bemoedigende versies na my kant toe? Of beteken dit: God is saam met my daar… daar waar die tekkie die teer tref, in die midde van die stryd, langs jou, onder jou, agter jou, bo jou, binne jou?
God sê: “Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.” (Ps. 32:8) Dit glo ek met my hele hart. God is by my… altyd. Ek is NOOIT alleen nie. Hierdie wedloop is nie ‘n solo wedloop nie, God hardloop saam met my, elke tree van die pad. Continue reading “Die Wedloop.”