Tee?

Ek al gesê ek hou van tee, ek dink dalk selfs meer as lekker koffie. As ek MOET kies, kies ek tee. Nie tee met allerhande volksvreemde bestandele soos blomme, kruie en speserye nie. Gewone tee. Joko of amper sê ek Rooi Rose. Ek bedoel 5 Rose. Ek drink so nou en dan rooibostee, maar ek verkies swarttee bo rooibostee.

Ons het ‘n oggend roetine wat tee insluit net na die wekker ons met ‘n skril geluid uit die land van vergetelheid terugskok in die hede in. Sjoe! Hande op! Wie haat ‘n wekker?Haat is sekerlik ‘n té sterk woord, hou minder van dan eerder? Nog geen wysie van enige wekker was al vir my aanvaarbaar nie, ek soek nog!

Iedergeval ek strompel die oggend dikoog kombuis toe… dis die eerste probleem as ek strompel beteken dit my beterhelfte is uitstedig en daar is niemand om tee aan te dra bed toe nie. Die tweede probleem is my oge is nie verniet dik en krapperig nie, want slaap het my ontwyk, wegkruipertjie gespeel die hele nag. So ek is effe iesegrimmig en omgekrap. Ek verlang! Gewoonlik help tee darem so klein bietjie… Continue reading “Tee?”

‘n Bestuursles.

(Opgedra aan al die ma’s en pa’s met leerlingbestuurders in die huis.)

Ousus het so wyle terug haar leerlinglisensie gekry… sjoe… om kids te leer bestuur is nie vir sissies nie, dit vat senuwees van staal en baie gebed nê… vir geduld en veiligheid.

Die eerste keer wat ek moes uitklim en in die verkeerde kant moes inklim het ek en my persoonlikheid dit byna nie oorleef nie, ek is ‘n bietjie van ‘n beheer-vraat so dit som nou die situasie heel netjies op. Continue reading “‘n Bestuursles.”

Die Hel.

Ons gesin was onlangs bietjie na  Die Hel,  ek is baie bly om te rapporteer dat dit nie die warm plekkie is nie, maar eerder die ene geleë in die Gamkaskloof, deel van die Swartberg bergreeks. Ek hoor dit raak baie warm daar, maar dit was mos nou meer na die einde van die winter se koers, so dit was heel matig in Die Hel, en mooi… dis baie mooi daar. Daar is hope fynbos, maar die paadjie soontoe is lank en nou, jy moet nou asb nie met jou Polo Die Hel gaan soek nie.

Op pad na Die Hel toe was eintlik heel lekker, want sien ek was nie die bestuurder nie so ek het aan die veilige kant gesit. So met die soontoe was ek salig onbewus van die afgronde en toon omkrul steil kranse… en dis nou nie van lekker kry nie! Continue reading “Die Hel.”