Bly in My!

Ons moet partykeer bietjie introspeksie doen, so klein opname maak. Ons moet bietjie vra en ondersoek: Hoe lyk my hart? Wat gaan aan in my gedagtes? Die gedagtes in my en jou kop en die woorde wat uit onse monde kom wys eintlik maar die toestand van ons hart en gees. Of hoe? Hoe meer jy in Hom leef en bly hoe mooier lyk jou hart en gesonder is die toestand van jou siel en gees. Hoe mooier is die vrug wat jy dra.

Soms is die intensies van wat ek en jy sê en doen goed en dit lyk mooi vir almal om te sien, maar die uiteinde van ons goeie bedoelings is maar net oordeel en veroordeling teenoor alles en almal rondom ons. Ai, dis ‘n mens ding, ons is almal skuldig. Daar is ‘n spreuk wat sê: The road to hell is paved with good intentions. Ondeurdinkte ‘goeie bedoelings’ wat voordelig is vir wie? Continue reading “Bly in My!”

Nog Naderby.

Waarna smag jou hart? Wat is die behoefte van jou siel? Is jy sommer net moeg en gedaan al soekend na iets, maar ook nie heeltemal seker waarna nie op hierdie laaste daggie van 2020?

Gee aandag en kom na My toe, luister… (Jes. 55:3) Is dit waarna jou siel en gees smag? Om nog naderby aan God se hart te beweeg. Om Sy hartklop in jou oor te hoor tewyl jy op Sy skoot sit met jou kop teen Sy bors? Op jou Pappa se skoot. Veilig, geborge, weggesteek. Jesaja sê: gee aandag, gaan na Hom toe en luister.

Wat beteken dit om aandag te gee? Dit beteken gee vrye verbeelding. Sien Hom oral om jou, in die natuur, in die wind wat liggies met die gordyn speel. Voel Hom in die drukkie wat jy vir jou man gee, soek Hom orals in die alledaagsheid van jou bestaan … jy sal Hom daar vind. Gaan nader, sonder vrees. Jy is so welkom in die Troonkamer. Continue reading “Nog Naderby.”

Kom klim op My skoot.

Kom klim op My skoot mensekind, kom sit jou kop hier teen My bors. Ek is barmhartig, genadig, lankmoedig, vol liefde en trou. (Ps. 86:15) Al is jy afgetakel na liggaam en gees, Ek is jou sterkte; jý hoort naby aan My hart. Jy behoort aan My vir altyd. (Ps. 73:26) Moenie moedeloos word nie. Uiterlik mag dit voel of jy totaal en al vergaan, maar weet dit liewe kind, innerlik word jy van dag tot dag vernuwe. (2 Kor. 4:16) Moenie onsteld wees nie, glo in My. (Joh. 14:1)

Kom klim op My skoot… daar is ware rus vir jou wat glo. (Heb. 4:3) My vrede wat alle verstand te bowe gaan sal oor jou hart en gedagtes wag hou. (Filip. 4:7) Ek gee aan jou nuwe krag wanneer jy gedaan voel, Ek maak jou wat moedeloos is weer vol moed. (Jer. 31:25) Kom kry rus vir jou gemoed, jy wat só uitgeput en oorlaai is. (Matt. 11:28) Continue reading “Kom klim op My skoot.”