Die Goeie Herder. (Psalm 23)

Ek, die Here jou God, is jou Herder…
Ek, die goeie Herder roep my skape op hul name. Ek loop voor hulle uit, hulle volg my want hulle ken my stem. (Joh. 10:3-4) Ek het my lewe vir my skape afgelê. (Joh. 10:11) Die lammers maak Ek bymekaar in My arms en Ek dra hulle teen My bors… naby My hart. (Jes. 40:11)

Jy kom niks kort nie…
Ek gee vir jou lewe in oorvloed. (Joh. 10:10) Uit My oorvloed ontvang jy genade op genade. (Joh. 1:16) Alles wat jy ontvang kom van My af, (Ps. 16:5) in goeie maat, ingestamp, geskud en propvol. (Luk. 6:38) Ek maak My hand oop en jy kry meer as genoeg. (Ps. 104:28)

Ek laat jou rus in groen weivelde…
As jy gaan lê, slaap goed, want jy word weer wakker, want Ek sorg vir jou. (Ps. 3:6) Gaan lê… onbesorg en raak dadelik aan die slaap, want Ek alleen laat jou veilig woon. (Ps. 4:9) Kom na my toe, my kind, jy wat uitgeput en oorlaai is, ek wil vir jou rus gee, net by My kan jy rus kry vir jou gemoed. (Matt. 11:28) Ek het gerus op die sewende dag, is dit nie tyd dat jy in my rus ingaan nie? (Heb. 4:10) Ek gee die vermoeides krag, Ek versterk jou wanneer jy nie meer kan nie. (Jes. 40:31)

Ek bring jou by waters waar daar vrede is…
Ek sal jou gebede verhoor en aan jou vrede gee, en jou vrede wees. (Num. 6:26) Wie reg doen sal vrede hê, (Jes. 32:17) jy is nie meer ver van My af nie. (Ef. 2:19)

Ek gee jou nuwe krag…
Ek omgord jou met krag, Ek maak jou pad voorspoedig. (2 Sam. 22:33) Ek is jou krag en jou beskerming, Ek gee genade en eer, Ek weerhou die goeie nie van jou wat reg lewe nie, (Ps. 84:12) maar jy wat op My vertrou kry nuwe krag, jy sal vlieg met arendsvlerke. (Jes. 40:31)

Ek lei jou op die regte paaie tot die eer van My naam…
Ek wil jou onderrig en jou die pad leer wat jy moet volg. Ek wil jou raad gee en My oog oor jou hou. (Ps. 32:8) Ek help jou op as jy geval het. (Ps. 145:14)

Selfs al gaan jy deur donker dieptes, hoef jy nie bang te wees nie…
Ek sal jou opbeur as jy neerslagtig is. (2 Kor. 7:6) Ek sal die trane van jou oё afdroog. (Openb. 21:4) Ek sê vir jou: “Dit is Ek, moenie bang wees nie.” (Joh. 6:20) Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie. Ek is jou God. Ek hou jou vas, met my eie hand red ek jou. (Jes. 41:10) Ek sal jou hand nooit laat gaan nie. (Jes. 40:13)

Ek is by jou, in My hande is jy veilig…
Ek omsluit jou van alle kante, (Ps. 139:5) My trou beskerm jou aan alle kante. (Ps. 91:4) Op die dag van gevaar sal Ek jou wegsteek in My huis, jou hoog op ‘n rots laat staan. (Ps. 27:5) Ek sal My engele opdrag gee om jou te beskerm waar jy ook al gaan. (Ps. 91:11)

Ek laat jou by ‘n feesmaal aansit terwyl jou teёstanders moet toekyk…
Weet jy dan nie? Verstaan jy dit steeds nie? Wie aan jou vat, vat aan My oogappel. (Sag. 2:8) Ek trek immers niemand voor nie. (Rom. 2:11) My liefde vir jou bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles. (1 Kor. 13:7) Ek ken jou ten volle. (1 Kor. 13:12)

Ek ontvang jou soos ‘n eregas, Ek oorlaai jou met hartlikheid…
Ek skenk jou voorspoed en geluk, Ek plaas ‘n goue kroon op jou kop. (Ps. 21:4) Ek sal jou soos ‘n sierlike kroon in My hand hou, Ek sal jou soos ‘n koninklike tulband vashou. (Jesaja 62:3)

My goedheid en guns sal by jou wees…
Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan. (Jos. 1:9) Aan My liefde vir jou is daar geen einde nie. (Ps. 136) Ek gaan jou vooruit en Ek sal vir jou veg. (Deut. 1:30) Berge kan padgee, heuwels kan wankel, maar My liefde vir jou sal nooit verdwyn nie. (Jes. 54:10)

En jy sal tuis wees in MY huis tot in lengte van dae…

U lei my met U raad en aan die einde sal U my in ere by U opneem. Daar is niks in die hemel of op die aarde wat vir my meer beteken as U nie. (Ps. 73:24-25), maar wat my aangaan dit is vir my goed om naby U te wees, my Herder. (Ps. 73:28)

Om geken te word deur HOM!

Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. Ek het jou gevorm, Ek het jou gemaak. Jy is vir My kosbaar en Ek het jou lief. (Jes. 43:1,4,7) My liefde vir jou is onverganklik. (Ps. 103:17) Ek ken jou, Ek sien dwarsdeur jou. Ek ken jou gedagtes nog voor hulle by jou opkom. Ek het jou mensekind op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. (Ps. 139:1-2,14) Ja liewe kind, jy is as beeld van My geskape. (Gen. 1:27)

Liewe kind, Ek het jou voor jou geboorte al geroep; toe jy nog in jou moeder se liggaam was het Ek jou op jou naam genoem. (Jes. 49:1) Voordat ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, nie van geweet nie…geken. Voordat jy gebore is, het Ek jou aan My gewy. (Jer. 1:5) Ek ken jou op jou naam, Ek is jou goedgesind. (Eks. 33:17) Ek ken jou wat aan My behoort. (2 Tim. 2:19) Continue reading “Om geken te word deur HOM!”

Ek is Naby!

Die Ingelse het ‘n woordjie met groot betekenis: Implode. [Collapse or cause to collapse violently inwards.] Wanneer dinge nie is soos dit moet wees nie, ver van ideaal, wanneer jy voor jou siel weet, jy is als, behalwe okay! Die mat van die lewe is onder jou uitgepluk en jy lê op die naat van jou rug en snak na asem…

Ek ken nie jou, wat hier lees, se storie nie. Ek ken nie jou verlies, jou pyn, jou struikeling, jou stryd waarin jy tans gewikkel is nie, maar vir jou wat hier lees vandag, wil ek sê, dis okay om nie okay te wees nie! Dis okay om nie te weet wat volgende is nie… Die Psalmdigters het ‘n paar Psalms geskryf, eintlik klaagliedere, want ook hulle het ‘n moment of twee beleef wat vorentoe, op kyk en voort beur, net glad nie ‘n opsie was nie, want in die oomblik tussen die woorde en bladsye van die Bybel ervaar ons, hulle was alles behalwe okay. Continue reading “Ek is Naby!”