
Ek dink een of ander tyd in ieder en elk se lewe, in een of ander lewensstorm, in een of ander woestyn-seisoen voel ons of God regtig bietjie van ons vergeet het. Dit voel kompleet of God, wat mos alles weet, my adres verloor het… en asof dit nie erg genoeg is, dié godverlate gevoel nie, voel jy nog so bitter ver van Sy hart af ook. En Alleen. ‘n Seisoen wat net nie wil end kry nie, waar jy heen en weer in dieselfde woestyn-landskap verdwaal en voortploeter.
God raak soms stil… maar vriendin dis nie ‘n afwesige, weg stil nie. Dis ‘n stil, maar dog teenwoordige stil. Hierdie weet ek met absolute sekerheid: Daar is absoluut niks wat my en jou van die liefde van God kan skei nie. Romeine 8:38-39 is kosbaar verby en is ‘n konstante herinnering aan ‘n God wat liefhet tot die uiterste. The Passion Translation sê dit die heel mooiste…
So now I live with the confidence that there is nothing in the universe with the power to separate us from God’s love. I’m convinced that his love will triumph over death, life’s troubles, fallen angels, or dark rulers in the heavens. There is nothing in our present or future circumstances that can weaken His love. There is no power above us or beneath us-no power that could ever be found in the universe that can distance us from God’s passionate love, which is lavished upon us through our Lord Jesus, the Anointed One. Continue reading “Ek dink God het bietjie van my vergeet…”


Ek en manlief hou van stap, sommer so tussen die huise deur, dis te stadig vir oefen so dis seker eintlik meer vir suurstof en geselstyd. Ek hou daarvan om wanneer ons verby lavender stap ‘n blommetjie te kneus dan loop en ruik ek dit so tussen die gesels, of ‘n peperboom… of frangipani… of roosmaryn…