‘n Prins of ‘n Skollie?

Ek is goed met prekies afsteek, ek sal wel erken dat my tydsberekening soms bietjie skaafwerk kort, maar met die prekies self skort daar niks. So leer ek van kleins af vir my girls oor die regte maat kies, ag as jy wil, kan jy dit selfs breinspoel noem…

Ons het die gewoonte om op pad skool toe ‘n stukkie te lees of om ‘n liedjie te luister, en soms bid ons sommer so vir almal in die ry. Kan ek net sê ek mis vir Ousus in die oggende in die kar? Elk geval, soms, so uit die bloute uit sê ek kom ons bid sommer vanoggend vir julle mans van eendag, want gebede is kragtig, God hoor elke versoek.

Ek laat geen oomblik ‘n leergeleentheid deur my vingers glip nie. Luister jou tieners se hormonale bril waardeur sy mannetjies bekyk moet soms bietjie skoongemaak word, deur jou, haar eie persoonlike mamma. Leer haar, jy kan nie ‘n Skollie kies en dan verwag hy gaan jou soos ‘n Prinses behandel nie. Skollies bly Skollies, maar Prinse raak Konings, Priesters en Profete in hul eie huise. Prinse dra hulle vrouens van eendag op die hande, Prinse is geduldig en kan wag. Prinse herken Prinsesse. Continue reading “‘n Prins of ‘n Skollie?”

Slimkoppe en Rigtings.

In Graad 1 het ousus blinkoog by die huis aangekom en verklaar: “Ek gaan eendag ‘n Graad 1 juffrou word.” So groot was die indruk wat haar graad 1 Juffrou. op haar gemaak het dat sy glad ‘n babapop na haar vernoem het. Groot was die hartseer en verlies einde van die jaar toe dit tyd geword het vir aanskuif.

Graad 2 begin so bietjie met rukke en stote, want ousus verlang na Graad 1 en haar Juffrou. Dit vat ook toe nie baie lank nie, toe kom ousus by die huis en verklaar: “Nou gaan ek ‘n graad 2 juffrou word.” Elke dag in haar kosblikkie het ek vir haar ‘n versie ingesit wat sy en die juffrou net voor pouse sou saam lees. Die graad 2 juffrou het diep spore in haar klein dogtertjie hartjie getrap. Continue reading “Slimkoppe en Rigtings.”