
Ek moes lag, onlangs sit ek buite en skryf op die stoep agter ‘n yl, maar welkome wintersonnetjie aan… manlief loop verby op pad ketel toe, ek vra: “Wat is ‘n mooi opskrif vir ‘n mooi verhouding tussen ‘n ouer en ‘n tiener. Hy trek net sy skouers op… ek weet ook nie, maar hey, ek en jy kan en moet aanhou probeer om die harte van ons tienerkinders te bereik. Tou opgooi is absoluut nie ‘n opsie nie.
Jou tiener soek nie jou probleemoplossings vaardighede nie, dis eintlik maar goed bedoelde raad, uit jou hart uit, wat op dowe ore val. Vir hulle klink dit dieselfde as beterweterigheid. Continue reading “Hoor haar Hart.”


As ons regtig eerlik is met mekaar, as daar nou een spesie is wat jou nederig hou met jou voete stewig geplant op moeder aarde dan is dit beslis ‘n kleuter. Net soos jy dink jy het die ma-ding nou lekker onder die knie, net soos jy op kom vir asem, dan het hulle ‘n splinternuwe toertjie in die mou…vertrou gerus ‘n kleuter om jou op jou tone te hou. Veral binne die Spar, ek weet nie wat is dit met ‘n Spar nie!