Vir net 4% ?!?!

Dis weer daardie tyd van die jaar, al die pad afdraend na die einde van die jaar se kant toe. Teen ‘n ongemaklike spoed met alles wat gedoen en afgehandel moet word. Met Eksamen vir menige kind en student wat soos ‘n berg voorlê… vir sommige ouers amper erger as vir die kind self. Ek het die stukkie gaan afstof wat ek 2 jaar terug geskryf het en net weer besef, soms is help nie help nie. Soms is ons begeerte om in beheer te wees van alles en almal nie net ongesond nie, maar ook skadelik.

Ek het albei my girls in graad 4 gehelp leer, gehelp opsom, gevra, weer gevra… maar geleidelik soos die jare aanstap het ek die leisels so stelselmatig laat verslap en uiteindelik laat gaan.

Ek is beslis ‘n helikopter mamma- ons mammas wat hou daarvan om te ‘hover’. Dit klink soos volg: Is jy al klaar geleer? Nee, ek dink nie so nie! Bring jou boek dat ek kan sien! Het jy die werkboek ook deurgegaan? Hoeveel keer het jy alles deur gegaan? Ek dink nie jy het genoeg geleer nie!  Sien jy al die!?!?!?!? Nou as jy jouself in die gesprek kan sien en identifiseer, dan kan jy die self-diagnose maak van ‘n helikopter mamma… ek weet jy weet eintlik baie mooi waarvan ek praat… Continue reading “Vir net 4% ?!?!”

Hoor haar Hart.

 

Ek moes lag, onlangs sit ek buite en skryf op die stoep agter ‘n yl, maar welkome wintersonnetjie aan… manlief loop verby op pad ketel toe, ek vra: “Wat is ‘n mooi opskrif vir ‘n mooi verhouding tussen ‘n ouer en ‘n tiener. Hy trek net sy skouers op… ek weet ook nie, maar hey, ek en jy kan en moet aanhou probeer om die harte  van ons tienerkinders te bereik. Tou opgooi is absoluut nie ‘n opsie nie.

Jou tiener soek nie jou probleemoplossings vaardighede nie, dis eintlik maar goed bedoelde raad, uit jou hart uit, wat op dowe ore val. Vir hulle klink dit dieselfde as beterweterigheid. Continue reading “Hoor haar Hart.”

Een-Oog-Sokkie-Monster.

 

Ek het ‘n probleem in my huis. Sokkies kry voete. Ook nie albei sokkies nie, een bly altyd agter… ‘n konstante herinnering vir my A+++ persoonlikheid dat daar iewers sokkies wegkruip; wie weet waar in my huishouding.

Ek wil ook net byvoeg hierdie een-oog-sokkie-monster is net agter tiener en jong volwassene sokkies aan, en dis beslis nie my kinders se skuld nie, hulle is so onskuldig soos pasgebore babatjies. Die redes hoekom die monster ook net in jonger sokkies belangstel ontwyk my totaal en al… wat ek wel weet; daar is 20 eensame (ek het opgestaan en gaan tel) sokkies bokant my wasmasjien in ‘n houer. ‘n Hoekie vir eensames, maar net vir sokkies… van alle kleure en vorms. Continue reading “Een-Oog-Sokkie-Monster.”