Hoor haar Hart.

 

Ek moes lag, onlangs sit ek buite en skryf op die stoep agter ‘n yl, maar welkome wintersonnetjie aan… manlief loop verby op pad ketel toe, ek vra: “Wat is ‘n mooi opskrif vir ‘n mooi verhouding tussen ‘n ouer en ‘n tiener. Hy trek net sy skouers op… ek weet ook nie, maar hey, ek en jy kan en moet aanhou probeer om die harte  van ons tienerkinders te bereik. Tou opgooi is absoluut nie ‘n opsie nie.

Jou tiener soek nie jou probleemoplossings vaardighede nie, dis eintlik maar goed bedoelde raad, uit jou hart uit, wat op dowe ore val. Vir hulle klink dit dieselfde as beterweterigheid. Continue reading “Hoor haar Hart.”

Een-Oog-Sokkie-Monster.

 

Ek het ‘n probleem in my huis. Sokkies kry voete. Ook nie albei sokkies nie, een bly altyd agter… ‘n konstante herinnering vir my A+++ persoonlikheid dat daar iewers sokkies wegkruip; wie weet waar in my huishouding.

Ek wil ook net byvoeg hierdie een-oog-sokkie-monster is net agter tiener en jong volwassene sokkies aan, en dis beslis nie my kinders se skuld nie, hulle is so onskuldig soos pasgebore babatjies. Die redes hoekom die monster ook net in jonger sokkies belangstel ontwyk my totaal en al… wat ek wel weet; daar is 20 eensame (ek het opgestaan en gaan tel) sokkies bokant my wasmasjien in ‘n houer. ‘n Hoekie vir eensames, maar net vir sokkies… van alle kleure en vorms. Continue reading “Een-Oog-Sokkie-Monster.”

Moenie Vuil Baklei nie.

Jy weet vriendin ons as Ma’s (en defnitief Pa’s ook) het soms vuil maniertjies wat gevegte met tieners aanbetref. Sommige van ons wil ten alle koste die geveg wen, ongeag die prys wat soms betaal moet word.

Luister, ek is ‘n ma wat nie disrespek duld nie, dit steek my dwars in die krop, daar is ‘n regte manier van verskil, maar daar is beslis ook ‘n verkeerde manier. Tieners kan nie sê wat hulle wil, wanneer hulle wil, soos hulle wil nie. Respek moet wedersyds wees, en respek kan nie afgedwing word nie, respek word verdien. Dit gesê, ouers kan ook nie sê wat hulle wil, wanneer hulle wil, soos hulle wil nie. Continue reading “Moenie Vuil Baklei nie.”