Natuurlik het ek al baie gehoor van leë-nes-sindroom, maar om dit te hoor en dit te voel aan jou eie lyf en hart is ‘n perd van ‘n heel ander kleur. Dis nie sommer net vir aanpas en daar gaat ons almal aan, gemaklik, gevestig en vol vrede nie. Nee, toe nou nie só maklik nie!
Niemand vertel jou van leë kamer wat nog na jou kind ruik nie, maar daar is nie beweging nie, alles is doodstil… Niemand vertel jou van Sondae wat nou ‘n ander betekenis aanneem nie, een van groet hier iewers in die stilte van die Sondag rustigheid. Niemand vertel jou dit gaan nie so lekker wees nie. Jy gaan meer verlang as wat jy beplan het… Elke outjie dra maar sy seer en ongemak naby die hart, weggesteek vir die wêreld. So spoeg en spartel jy maar hier in jou eie verlange en opstandigheid oor die ongevraagde, maar dog nodige verandering. Continue reading “Leë-nes-sindroom… dis ‘n ding.”