‘n Vurige Tiener.

Liewe vriendin, ek het begin dink tieners is soos vure. En as hulle soos vure is, is daar ‘n paar kosbare lesse wat ons kan leer. Ek dink die eerste les is dalk ‘n vuur wat hoog en warm brand veroorsaak dat hare, ooghare en wimpers skroei. Behalwe dat dit nie juis mooi lyk nie, ruik dit ook nie baie lekker nie.

Les nommer 1, as die vuur hoog brand moenie te naby staan nie. Moenie deur onnodige harde woorde nog hout op die vuur gooi nie. Dit maak die vlamme hoër en groter.

Soms spreek ‘n handeling veel harder as die woorde wat by ons monde uitkom! Wanneer jy vermoed daar is ‘n vuurwerk vertoning op pad, ek bedoel jy kan dit op ‘n myl sien aankom. Vermy sinsnedes soos: “Watse houdinkie sien ek nou weer daar?” “Wat is fout?” Wat van: Dit lyk vir mamma of jy Hot Chocolate nodig het. Les nommer 2, Hot Chocolate kan vure blus. Continue reading “‘n Vurige Tiener.”

Weet Beter… doen Beter.

Wees ‘n liefdevolle, betroubare en vergewensgesinde ouer. Dan sal jou kind weet  waarvan mense praat wat sê dat God ‘n Vader is wat vir sy kinders omgee. (Anniéria McFarlane)

Sjoe dis ‘n kla-tema by menige koffie drinke en bymekaar komme nê? Die té groot emosies wat tieners ervaar vir sulke partykeer klein lyfies. Hoekom is tieners so emosioneel of eerder oor-emosioneel? Van laag na hoog en al die variasies in die middel.

Vriendin maar het jy geweet ‘n tiener/jong volwassene se brein, die deel wat met emosies werk, is eers volledig ontwikkel teen middel of laat twintigs? Het jy geweet hierdie deeltjie is die einste deeltjie waar die emosie sentrums is? En besluitneming en beplanning, en ek is seker nog ‘n paar goedjies wat ek en jy nie eers van bewus is nie. Continue reading “Weet Beter… doen Beter.”

Leë-nes-sindroom… dis ‘n ding.

Natuurlik het ek al baie gehoor van leë-nes-sindroom, maar om dit te hoor en dit te voel aan jou eie lyf en hart is ‘n perd van ‘n heel ander kleur. Dis nie sommer net vir aanpas en daar gaat ons almal aan, gemaklik, gevestig en vol vrede nie. Nee, toe nou nie só maklik nie!

Niemand vertel jou van leë kamer wat nog na jou kind ruik nie, maar daar is nie beweging nie, alles is doodstil… Niemand vertel jou van Sondae wat nou ‘n ander betekenis aanneem nie, een van groet hier iewers in die stilte van die Sondag rustigheid. Niemand vertel jou dit gaan nie so lekker wees nie. Jy gaan meer verlang as wat jy beplan het… Elke outjie dra maar sy seer en ongemak naby die hart, weggesteek vir die wêreld. So spoeg en spartel jy maar hier in jou eie verlange en opstandigheid oor die ongevraagde, maar dog nodige verandering. Continue reading “Leë-nes-sindroom… dis ‘n ding.”